Boeke wat die boekmense lees en wéér lees
Schoeman, Pippie en die Bybel bekoor in Afrikaans
Wat is hul gunsteling-boek in Afrikaans van alle tye? Daardie een wat hulle van begin tot einde meegesleur het en ná die tyd nog lank bybly. Marisa Fockema het ’n klompie bekendes in Afrikaanse skrywerskringe gepols.
As Dana Snyman net een boek kan kies, sal dit PG du Plessis se Fees van die Ongenooides wees.
“Dit het net hengse karakters. Daantjie, daai hoofkarakter, is eintlik sleg, maar jy kry amper simpatie vir hom.”
“Toe ek dit lê en lees, het ek gedink dit is bo-natuurlik hoe bewus hy (dis nou PG) van die Anglo-Boereoorlog is. Dis asof hy daar moes wees. Jy kan die tydgees aanvoel.”
Vir Fanie Viljoen is die vertaalde Pippie Langkous-reeks sy gunsteling boeke.
“Dit is ongelooflik hoe dié stories jou verbeelding laat galop. Vir my was dit wonderlik dat die meisietjie met die rooi boksterte ’n perd tot bo haar kop kon optel.”
Fanie was nog op laerskool toe hy die eerste keer die stories gelees het.
“Sy (Pippie) was lekker stout en kon al die dinge doen wat ek nie self kon doen nie.”
Johann Rossouw sê as hy net een boek mag uitsonder, is dit Karel Schoeman se ’n Ander land.
“Ek het dit al twee of drie maal gelees en daar is verskeie elemente wat my na die roman trek: Die weergalose elegiese stemming wat Schoeman daarin skep, die lewensgetroue blik op die lewe in ’n afgeleë republikeinse stadjie in die 1880’s, die spanning tussen kultuur en natuur asook tussen Europa en Afrika, die manjifieke landskapbeskrywings en, les bes, die sin vir die misterie in die werklikheid wat juis hierdie realistiese roman kultiveer. Geen ander romansier waarvan ek weet, beheer stemming en ritme soos Schoeman nie en in miskien geen ander roman van hom doen hy dit so geslaag nie.”
Francois Smith: “?’n Boek wat werklik ’n fisieke reaksie op my gehad het, my lyf laat pyn het van absolute verrukking, is Karel Schoeman se ’n Ander land. Ek sien sedertdien byna altyd die landskap rondom Bloemfontein soos wat daardie boek dit vir my gewys het en daardie slotgedeeltes laat steeds iets van diep binne my uitgaan in die boek se ligdeurspoelde leegtes.”
Hy sê dit is dus seker nie vreemd dat Albert Camus se L’Étranger (Die Vreemdeling), wat hy as jong student in Engels gelees het, byna dieselfde effek op hom gehad het nie, hoewel Camus se hoofkarakter se wêreldvreemde gelatenheid vir hom ’n groter literêre ontdekking was. “Maar as ek net weer kan lees soos toe ek ’n kind was! Prof. M. Taljaard se vertaling van die Italiaanse ontdekkingsreisiger Attilio Gatti se Saranga, dwerg van die reënwoud, het ek drie keer direk ná mekaar deurgelees. Volkome onbewus dat ek lees.”
Die Uur van die Engel deur Karel Schoeman maak vir Riana Scheepers die meeste saak.
“Dit is my gunsteling omdat niemand behalwe ek en Karel verstaan waaroor dit gaan nie.
“Dit is ’n ongelooflike speurverhaal waarin Karel dit regkry om die magiese realisme in Afrika met religieuse dimensie te laat leef.
“Daar verskyn soveel engele in die boek en nie een leser sien dit eers raak nie. Die boek gaan oor die essensie van religie X, die intense ontroering van ’n religieuse belewenis.”
’n Mens kies moeilik tussen kinders en boeke, sê Dominique Botha oor haar keuse.
“Triomf, deur Marlene van Niekerk. Dis ’n boek wat die onmenslikheid van ’n belaglike ideologie ontbloot en die mens in al sy belaglikheid met deernis inklee.”
Sy kom met die sekelmaan van Hettie Smit uit 1937, is Joan Hambidge se gunsteling.
“Dit is ’n dagboek- en briefroman, puik gekonstrueer met kammabriewe. Maria en Marie (du Toit), twee kante van die persoonlikheid, ego en alterego, met die verlange na die digter Johan?.?.?.
“Die verhouding tussen Johan en Du Toit word uiters subtiel vertel met die klimakstoneel wanneer sy een nag na sy ouerhuis gaan?.?.?.
“Dit is ’n kragtoer in onbeantwoorde liefde en hierom het ek haar vereer as romankarakter in my roman Swart koring.”
Vir Irma Joubert is dit bitter moeilik om net een boek te kies.
“Maar ek dink tog die een wat my steeds bybly, is Jeanette Ferreira se Die son kom aan die seekant op. “Die manier waarop sy Louis Trichardt se dooie dagboek lewend gemaak het deur menslike karakters, bly vir my, as liefhebber van die geskiedenis, ’n kunswerk.”
Die sanger en skrywer Steve Hofmeyr het só per Twitter laat weet wat sy gunsteling boeke in Afrikaans is: “Bybel. Brolloks en Bittergal (C.J. Langenhoven). Geknelde Land (F.A. Venter).” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie