Boekhou op Gobabis ‘in ’n hoek’

’n Duur boekhoustelsel uit Suid-Afrika pootjie die munisipaliteit glo jare al.
Augetto Graig
font face="Verdana" >



Augetto Graig - Gobabis se munisipale boekhoustelsel word volgens die dorp se uitvoerende hoof deur ’n verouderde, onbekostigbare buitelandse stelsel bande gelê.

Gobabis se finansiële rekords word elektronies uit Suid-Afrika deur ’n boekhoustelsel bestuur, wat kort ná onafhanklikheid aangeskaf is.

Honderdduisende dollar is die afgelope 20 jaar aan die eienaar en administreerder van die BIQ-stelsel betaal, wat die dorpsraad volgens die dorp se huidige hoof- uitvoerende beampte, mnr. Ignatius Thudinyane, behoorlik in ’n hoek het.

“Ons is al jare van hulle afhanklik,” sê Thudinyane.

Hy het saam met die dorp se uitvoerende finansiële beampte, mnr. Filemon Makili, Maandag (25 Februarie) vrae beantwoord wat deur die Nasionale Raad se staande komitee op openbare rekeninge en die ekonomie gevra is.

Dié vrae is op die ouditeur-generaal se verslag oor Gobabis se finansiële boekjaar tot 30 Junie 2016 gebaseer.

Thudinyane sê die BIQ-stelseladministreerder se skedule is een rede waarom die dorpsraad jare al hul finansiële rekords aan die ouditeur-generaal se kantoor beskikbaar stel.

Volgens hom word ’n besoek uit Suid-Afrika binne die volgende twee maande verwag om plaaslike kapasiteit by die munisipaliteit te vergroot.

Baie van die boekhouproses word ook binnenshuis gedoen en die vertraging behoort volgens Thudinyane nie herhaal te word nie.

Gobabis se dorpsraad betaal maandeliks sowat N$60 000 vir hul intekening op die boekhoustelsel, terwyl navrae en bykomende hulp bykomende fooie behels.

Boonop het die verouderde stelsel tekortkominge wat die opstel en instandhouding van die vaste bateregister en die munisipaliteit se voorraadmodel betref, sê hy.

Nog erger, nie die dorpsraad óf die diensverskaffer is in besit van die kontrak waarop betalings gebaseer is nie, sê Thudinyane.

“Ek het dit aangevra, maar ons kon dit nie in die kantoor opspoor nie. Hulle het dit ook nie. Ongelukkig is ons aan die stelsel verbind. Dit is beslis ’n bedrogspul,” sê hy.

Thudinyane sê die dorpsraad het hom opdrag gegee om te bepaal of die tekortkominge herstel kan word en hoe die raad meer waarde vir hul geld kan kry.

Indien nie moet hy by Keetmanshoop inligting oor die koste van hul nuwe stelsel inwin.

“Finansiële stelsels is baie duur vir die plaaslike owerheid,” sê hy.

Volgens Gobabis se nuwe uitvoerende hoof was 2016 steeds die swakste jaar wat boekhou op die dorp betref.

“Dit was na my mening die slegste jaar,” het Thudinyane gesê.

In hierdie tyd is vier munisipale werknemers boonop aangekla van bedrog wat N$20 000 beloop en ’n polisieondersoek hieroor duur voort.

Daarná is baie verbeteringe aangebring.

“Van die kwessies is feitlike verliese, maar ander is slegs verkeerd aangeteken. Ons werk tans aan verskeie beleide en ’n strategiese plan vir die munisipaliteit,” het hy gesê.

Die komitee, gelei deur mnr. Phillip Shikongo, adjunkvoorsitter, het op antwoorde op sowat 30 vrae in dié verband aangedring.

Die komiteelede mnre. Joseph Mupetami, Gerhard Shiimi, Cornelius Kanguatjivi, John Likando en die voorsitter, mnr. Peter Kazongominja, moes Makili se insette gedurig hoor omdat Thudinyane slegs agt maande gelede op Gobabis begin werk het.

Makili het keer op keer erken die dorpsraad het misluk weens menslike foute, onkunde en die toepassing van verkeerde metodes.

Geld is onwettiglik tydelik oorgeplaas van fondse soos die dorp se beleggingsfonds of die Build Together-fonds waaruit kontrakteurs betaal is.

Volgens Makili het verliese aan inkomste uit hoof- inkomstebronne kontanttekorte veroorsaak, wat baie onreëlmatige onttrekkings uit dié fondse genoodsaak het.

Sowat N$1,7 miljoen is sonder voldoende beskikbare dokumente bestee, aldus die ouditeur-generaal se verslag.

Belasting is verkeerd aangeteken en waardevermindering verkeerd bereken.

Altesaam 27 kwessies is in die ouditeur-generaal se verslag geïdentifiseer, en as gevolg hiervan moes ’n mening oor Gobabis se geldsake met vrywaring vir die betrokke finansiële jaar uitgereik word.

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 19km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 19km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 19km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 19km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 19km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 19km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067