Boer Gerald trou
Omtrent 'n jaar nadat boer Gerald (33) aan die Duitse TV-reeks Bauer sucht Frau (Boer soek vrou) deelgeneem het, het hy en Anna getrou. Boer Gerald was die eerste Namibiese deelnemer aan die gewilde reeks, wat deur sowat vyf miljoen mense gekyk word.
Hy het vir Anna by die Scheunenfest (skuurfees) in Duitsland leer ken en haar na sy plaas in die Hochveld-omgewing genooi. Nou het die paartjie in Pole voor sowat 120 genooide gaste getrou.
Anna, 'n Poolse burger, sal in die volgende paar dae Namibië toe trek om haar lewe op Gerald se plaas voort te sit ná hulle hier 'n Namibiese troue gehad het. Volgens die TV-stasie RTL, wat die reeks aanbied, sal 'n spesiale uitsending van Gerald en Anna se nuwe lewe saam binne die volgende paar maande uitgesaai word.
Vanjaar sal nóg 'n Namibiër, boer Jörn, van die Grootfontein-omgewing, aan die reeks deelneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie