Boer Jörn moet kies
Tanja Bause – Boer Jörn van Namibië, wat vanjaar deel van die gewilde Duitse TV-reeks Bauer sucht Frau (Boer soek ’n Vrou) is, was onlangs in Duitsland en het drie vroue vir ’n eerste ontmoeting uitgesoek. Nou moet hy besluit wie hom in Namibië mag besoek. Die kandidate is (v.l.n.r.) Maria (26), ’n skoonheidsdeskundige, nóg ’n Maria (29), ’n ontwerpingenieur, en Oliwia (28). Watter een van dié drie vir Jörn op sy plaas in die Grootfontein-omgewing mag besoek, sal binnekort bekend wees. ’n Rekordgetal van 32 vroue was by die eerste ontmoeting met die 12 boere – almal met die hoop dat een van die boere hulle sal kies.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie