Boer kry tien jaar vir moord op vrou
'n Boer van die Aranos-omgewing is vanoggend in die hoërhof in Windhoek tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vrou agt jaar gelede. Willem Visagie Barnard (64) het sy vrou op 10 April 2010 op hul plaas Choris naby Aranos doodgeskiet. Barnard het sy vrou Anette ná 'n rusie oor die begrafnis van wyle Eugene Terre'Blanche, die oorlede Suid-Afrikaanse AWB-leier, doodgeskiet.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie