Boer maak ‘n plan
EERWAARDE EDWARD AMADHILA VAN DIE TOV-SENTRUM SKRYF:
Groete uit Tsumeb.
Die Afrikaanse uitdrukking lui ‘n boer maak ‘n plan. Met Namibië wat die ergste droogte sedert 1930 in die gesig staar, word ons forseer om planne te maak om ons diere te red.
Vrydag, terwyl ons vir besoekers gewag het om op ons plaas aan te kom, het ek ‘n gesprek onthou wat ek enkele jare gelede met ‘n ou man gehad het. Hy het gesê ek kan die boom wat ek as my kantoor gebruik as voer vir ons diere inspan.
Ons het die idee Vrydag getoets. Kyk – ons kalwers hou van die blare. Ons wil nou meer bome plant om ons vee in die toekoms te voer.
As iemand weet watter bome ons kan plant hiervoor, stuur vir ons die bome se name per e-pos. Ons mikpunt is om 50 bome binne die volgende 18 maande te plant.
Dankie aan die vriende wat ons gemeenskap ondersteun. God seën julle almal.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie