Boer onskuldig op aanklag van moord
Boer onskuldig op aanklag van moord

Boer onskuldig op aanklag van moord

Die skuldigbevinding en vonnis van Willem Visagie Barnard is verlede week deur die appèlhof ter syde gestel.
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Die hooggeregshof het bevind die appèl van die boer Willem Visagie Barnard, wat in 2018 aan die moord van sy vrou skuldig bevind is, moet slaag.

Sy skuldigbevinding en vonnis is ter syde gestel.

Dit is volgens ’n uitspraak van regter Dave Smuts, in ooreenstemming met regter Elton Hoff, wat bevind het Barnard moet op dié klagte vrygespreek word.

Barnard is deur hoërhofregter Naomi Shivute vir die moord op sy 55-jarige vroue, Anette Barnard, skuldig bevind.

Hy het volgens die hofuitspraak sy vrou in April 2010 op die egpaar se plaas Choris in die Aranos-omgewing in die kop geskiet.

Barnard het beweer hy kon niks onthou nadat hy gedrink en terselfdertyd voorskrifmedikasie gebruik het.

Hy het beweer hy het die oorledene met ’n skietwond aan haar kop gevind toe hy wakker geword het.

Haar kop was op die koffietafel met ’n koeëlwond in haar kop.

Regter Shivute het egter nie sy weergawe van die gebeure geglo nie.

Die hoërhof het hom op 23 Januarie 2018 skuldig aan moord met direkte voorneme gevind.

Hy is tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan tien jaar op voorwaardes opgeskort is.

“Die hoërhof het verlof tot appèl geweier. Verlof is later deur die hof op 23 Oktober 2018 toegestaan om te bepaal of daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat die oorledene selfdood gepleeg het,” het die hooggeregshof uitspraak verlede week gesê.

Die uitspraak het uitgewys ten spyte van die oorweldigende getuie teen die appellant van diegene wat op die misdaadtoneel was, en dit die hoërhof se uitspraak was, die hof tot dié gevolgtrekking gekom het bloot omdat ’n bottel brandewyn, wat op die toneel gevind is, half of driekwart vol was.



Volgens die hooggeregshof is die vraag wat beantwoord moet word of die staat se saak bo redelike twyfel bewys is toe dit aan die beskuldigde se teenstrydige weergawe gemeet is, of dat Barnard se weergawe moontlik reg is, selfs al glo die hof hom nie.

“Terwyl die hof teen ‘onderverdeling’ moet waak, moet die hof die bewyse in geheel in ag neem en nie in isolasie nie, deur behoorlike beoordeling van inherente sterkpunte, swakhede, waarskynlikhede en onwaarskynlikhede aan beide kante.

Die balans weeg ten gunste van die staat dat enige redelike twyfel oor die beskuldigde se skuld uitgesluit word.”

Die hooggeregshof het gesê wanneer dié toets toegepas word het die staat nie Barnard se skuld sonder redelike twyfel bewys nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!