Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor
’n Vermoedelik verstandelike gestremde man staan tereg op poging tot moord ná hy ’n boer aangerand het.
Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe hy die deur oopsluit, met ’n 1,4 m lange windpompstaaf deurboor.
Die 68-jarige mnr. Wilfried Nauhaus van die plaas Kirchberg suid van dié dorp, het omstreeks tienuur die aand tuisgekom nadat hy sy seun, Manfred, lughawe toe geneem het. Laasgenoemde woon in Duitsland.
Hy het gister aan Republikein gesê die skerpgemaakte windpompstaaf met ’n dikte van 12 mm “is voor in en agter uit”. Hy sê sy aanvaller het hom onder sy regterskouer gesteek.
“My longe is nie beseer nie. Dit is die groot geluk waarvoor ek bo alles dankbaar moet wees. Het hy my ’n paar sentimeter laer of teen ’n ander hoek gesteek, sou ek daar bly lê het,” sê Nauhaus.
Hy sê toe hy tuiskom het hy oudergewoonte onder die afdak stilgehou en met sy selfoon, beursie en ’n klomp sleutels na die kombuisdeur gestap en dit oopgesluit.
“Skielik spring iemand op my en steek my met iets. Ek het geval en een persoon het weggehardloop. Sonder om te besef wat werklik gebeur het, het ek geskreeu en gevloek. Die lang voorwerp waarmee hy my gesteek het, het in my lyf gesit en ek het dit uitgetrek en stadig weer op my voete gekom.
“Ek was bang, ek het nie geweet wie nog daar skuil nie. Maar ek kon ligte aansit en na die selfoon en sleutels soek,” vertel hy.
Hy het sy bure laat weet wat gebeur het en sy neef mnr. Friedrich Nauhaus wat op ’n aangrensende plaas boer, het dadelik gekom om hom na ’n dokter te neem.
Op pad dorp toe het hulle twee polisiereserviste teëgekom. “Die een vat my toe dorp toe en die ander reservis en my neef is terug plaas toe.”
Die vermeende aanvaller is 18 of 19 jaar oud en die stiefkind van een van sy plaaswerkers, sê hy.
Die polisie het hom in hegtenis geneem en ’n klag van poging tot moord word ondersoek.
“Hy is vermoedelik verstandelik gestrem. Hy het heeldag alleen hier op die plaas gesit en met niemand gepraat nie. Hy was ook al in ’n stryery met ander werkers op die plaas betrokke,” het Nauhaus vertel.
– [email protected]
FOTO
Die 68-jarige mnr. Wilfried Nauhaus. Foto WhatsApp

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie