Boer Piet sterf
Henriette Lamprecht - ’n Bekroonde en geliefde in landboukringe, en eienaar van die veilinghuis Namboer, mnr. Piet Coetzee, is gister in Windhoek aan kanker oorlede.
Coetzee, ’n voormalige Namibiese rugbyspeler wat ook op sy dag ’n bokser was, was ’n groot naam in die kleinveebedryf en het verskeie stoete gehad wat ’n hele paar kampioene opgelewer het.
Ook in die grootveebedryf het hy sy merk gemaak.
Op Polisiekollege het hy geboks en was hy die Suid-Afrikaanse ligswaargewigkampioen.
Later het hy ook as flank vir die Namibiese rugbyspan uitgedraf.
Hy het ook die span afgerig en was ondervoorsitter van die Namibiese rugbyunie.
Coetzee was aanvanklik ’n naweekboer en het ’n paar boerbokke en dorpers op vriende se plaas aangehou. In 1995 het hy ’n beesplaas by Hochfeld gekoop, maar het die plaas later verkoop en grond by Nina gehuur.
Hy het later ’n plaas naby Rehoboth gekoop.
Coetzee het met 42 rasse geboer en as ikoon in die landboubedryf is hy deur vriende beskryf as ’n “merkwaardige man van integriteit en waardes, ’n man met ’n groot, vrygewige hart, wat diep spore getrap het in die lewens van elkeen wat hy ontmoet het”.
Buiten sy vrou, Nicolene, word hy deur sy drie seuns Zirk, Xico en Ben-Luc oorleef.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie