Boer slimmer in swaar tye
Elvira Hattingh – Die winsgewendheid van boerderye is tans onder druk. Dit noodsaak produsente om kritiese suksesfaktore te identifiseer en slimmer te boer. Produsente moet op die 20% beheerbare faktore fokus wat 80% se resultate kan lewer.
Só sê mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU). Hy het ‘n praatjie met die onderwerp “Presisieboerdery vir groter winsgewendheid” by vanjaar se jongboer van die jaar-geleentheid gelewer.
Volgens hom beïnvloed verskeie faktore landbouprodusente tans, waarvan sommige onder beheer van die produsent is en ander nie.
“Die eerste hiervan is dat ons in ‘n globale ekonomie met lande soos Australië, Amerika, Argentinië en Europa meeding en dat ons prysnemers is. Ons ding mee met gesubsidieerde produkte, met die klimaat, die huidige droogte en politieke realiteite.
“Die NLU kan vir ‘n meer gunstige beleidsomgewing onderhandel, maar ons kan nie die regeringsbeleid op byvoorbeeld waardetoevoeging en grondhervorming verander nie.
“Dit is egter belangrik dat ons fokus op dit waaroor ons wel beheer het. Dit behels ons produksie, uitgawes, bestuur en entrepreneurskap of diversifikasie,” het Van der Merwe gesê.
Volgens hom het veranderinge oor die afgelope jare soos duurder onderrig, insetkoste, sekuriteit en veiligheid en mediese koste, asook meer landbouskuld en meer wisselvallige markte en -pryse, produsente algaande al meer onder druk begin plaas.
Noodsaaklike vrae
“Dit het tyd geword om noodsaaklike vrae oor die winsgewendheid van boerderye te vra. Dit sluit in vrae oor jou gemiddelde kg biomassa-bestokking, hoeveel vleis jy jaarliks per ooi of koei per hektaar produseer, hoeveel inkomste jy genereer en hoe groot en wat jou uitgawes is.
“Jy moet vasstel hoe jou syfers met nasionale standaarde vergelyk en presies vasstel wat jou netto winste is,” het hy gesê.
Volgens Van der Merwe moet produsente dié faktore meet om seker te maak hulle boer so doeltreffend as moontlik en in ‘n nasionale en internasionale omgewing kan oorleef, waar pryse oor die algemeen daal.
Hy het gesê redes vir onderprestasie is dikwels swak bestuur, wat insluit lae produksie, verliese as gevolg van roofdiere, swak weidingbestuur en ‘n gebrek aan finansiële bestuur. Ander redes sluit in hoë rente, groot skuld, hoë insetkoste, plase wat nie groot genoeg is om as ‘n ekonomiese eenheid te geld nie, droogte en inflasie.
Hy sê produsente moet nou fokus op faktore waaroor hulle beheer het en dit so goed as moontlik bestuur. Dit sluit finansies, produksie, arbeid, weidingbestuur, bemarking en risiko’s in.
“Dis noodsaaklik dat ons onsself afvra of ons gaan aanpas of op ons tradisionele manier voortgaan?”
Produsente moet daarop fokus om hul winsgewendheid te verbeter deur op verbeterde produksie, rekordhouding en bestuur en die evaluering van boerderymetodes te fokus.
Produksie kan verbeter word deur met vee met ‘n groot groeipotensiaal en hoë vrugbaarheid te boer. Produsente moet rekord hou en hul bestuur dienooreenkomstig aanpas.
“Wat jy nie meet nie, sal jy nie weet nie,” het hy gesê.
Boerderypraktyke moet geëvalueer word met die doel om vas te stel waar koste gesny kan word. Van der Merwe het produsente aangemoedig om meer kennis in te samel waar nodig, hul weidingsbestuur te verbeter, hul inkomste te deur prysbestuur te verbeter en vee se bemarkingsouderdom te bestuur.
“Produsente moet hul lewenstandaard aanpas as dit nodig is om te oorleef. Dit kan beteken onproduktiewe bates soos ‘n vakansiehuis te verkoop.
“Onthou, ‘n kleiner, maar winsgewende plaas is beter as ‘n groot, onproduktiewe besigheid wat deur skuld opgevreet word,” het hy gesê.
Beter lampersentasie verhoog inkomste
“Fokus op doeltreffendheid en produktiwiteit eerder as om groter te boer. Kry die voordele van ‘n ekonomie van skaal deur verhoogde produksie.”
Van der Merwe het die punt geïllustreer deur te wys hoe verhoogde lampersentasies en verbeterde drakrag tot ‘n groter inkomste kan lei.
“Indien jy jou lampersentasie van 60% na 90% en dan na 120% kan neem, kan jy jou besteebare inkomste van N$210 000, na N$596 000 en dan na N$981 000 verhoog. As jy terselfdertyd skuld van 45% na 15% van jou inkomste kan verlaag, verbeter jy jou besteebare inkomste van N$226 335 na N$596 017.
“Onnodige skuld plaas druk op jou winsgewendheid. Fokus daarop om net skuld te maak op bates wat ‘n inkomste genereer wat groter is as die koste daarvan.”
Van der Merwe sê die eienskappe van ‘n suksesvolle produsent met ‘n suksesvolle boerdery is passie, visie, ‘n duidelike doel, goeie kommunikasie, toewyding, kreatiwiteit en om verantwoordelikheid te aanvaar en nie die natuur, pryse, rentekoerse of die regering vir swak prestasie die skuld te gee nie.
“Die winsgewendheid van boerderye is onder druk, maar ons moet vasstel wat ons kan verander om meer doeltreffend te wees en nie ons ondoeltreffendheid agter pryse te probeer wegsteek nie. Ons moenie net wag vir pryse om te verhoog nie, maar daarop fokus om ons produksie te verhoog en insetkoste te verlaag.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie