Boer soek ’n vrou het ’n nuwe aanbieder!

Lloyd Zandberg
Die model en lewensafrigter Marciel Hopkins is die nuwe gesig van kykNET se gewilde werklikheidsreeks, waarvan die 13de reeks vanjaar uitgesaai word.

Marciel, wat in 2016 een van die top-12-finaliste in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie was, is die sesde aanbieder van Boer soek ’n vrou sedert dit in 2007 vir die eerste keer kykers geboei het.

Sy volg Leah op as aanbieder, wat die afgelope twee jaar talle boere help liefde vind het.

Marciel het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en sy het ’n honneursgraad in sielkunde, ook van Maties. Sy het sedert haar studies as ’n lewensafrigter gekwalifiseer en gee gereeld motiveringspraatjies, terwyl sy as professionele model die wêreld vol rondrits.

Maar Marciel, wat in die Boland grootgeword het, sê sy is gereed vir die plaas aangesien sy basies haar kinderjare tussen die wingerde deurgebring het, danksy haar pa, Charles, wat deesdae die keldermeester van die bekende Kaapse wynlandgoed De Grendel is.

Dit is vir Marciel ’n droom wat bewaarheid word om ’n TV-program in Afrikaans aan te bied.

“Ek is passievol oor mense en om ’n impak op hul lewe te kan maak; dus kon ek nie vir ’n beter geleentheid as Boer soek ’n vrou gevra het nie.

“Ek is baie dankbaar vir hierdie uitdaging en om só deel te word van tien boere se soeke na liefde.”

Marciel sien ook daarna uit om as deel van die program meer van die land te sien.

“Dit is vir my opwindend om te dink dat ek dele van die land gaan sien wat ek dalk nooit andersins sou besoek nie. Ek gaan dus ’n toeris in my eie land kan wees, want daar is soveel mooi, plattelandse plekke wat ek nog nie gesien het nie!”

* Inskrywings vir boere wat vanjaar wil liefde vind, open op 24 Februarie, terwyl die reeks vanaf Oktober op kykNET uitgesaai word.

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!