Boer van 84 jaar flink op trapfiets
Fietsry
Des Erasmus - Vir 'n boer van die plaas Okatjiru by Drimiopsis, Eckhard le Roux, het 'n leeftyd van merkwaardige sportprestasies nog nie geëindig nie. Op die ouderdom van 84 jaar het hy Saterdag op Hentiesbaai aan die fietsren oor 35 km deelgeneem en die afstand voltooi. En dit plek-plek deur diep sand waar die jongelinge vasgeval het.
Le Roux is 'n ou bekende op Hentiesbaai waar die egpaar se vakansiehuis is. Hy het verlede jaar ook aan die Hervormers se hengel- en fietsrysaamtrek
tydens Paasnaweek deelgeneem.
Reeds by die wegspringplek is hy en Peet Swart, 'n Hentiesbaaier, uitgesonder as die twee oudste deelnemers. Op 68 jaar is oom Peet 'n junior met 16 jaar teenoor Le Roux. Soos sy senior is hy elke jaar daar wanneer die fietswedren aangebied word.
Toe hy oor sy jare gevra is, het Oom Eckhard gesê hy word in Augustus 85. Hy en sy vrou berei hulle nou ook voor om na 'n oord vir senior burgers op Gobabis te verhuis. Sy bande met Hentiesbaai sal nogtans bly.
As 'n jong sportman het hy die ou Suidwes-Afrika 24 keer as slot op die veld verteenwoordig, onder meer in 'n geskiedkundige oorwinning met 6-3 teen die Westelike Provinsie in Windhoek.
Teen die einde van die jare sestig was hy ook swaargewigbokskampioen van Suidwes-Afrika.
Oor die roete het die “jeugdige” Peet Swart gesê hy het in die sandstrook by Solitude geval. Op Hentiesbaai het hy nog nie heeltemal uitgespan nie en doen steeds werk as stadsbeplanner. Oor sy fietsryery sê hy hy oefen gereeld saam met die jonger fietsryers van Hentiesbaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie