u2018Boerdery nie meer winsgewendu2019
u2018Boerdery nie meer winsgewendu2019

‘Boerdery nie meer winsgewend’

Produktiwiteit moet dringend verbeter word
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – “Oor die afgelope tien jaar het die inkomste uit bees- en skaapboerderye met onderskeidelik 72% en 123% gestyg, terwyl dié produsente se uitgawes met 154% verhoog het.

“Die realiteit is dat bees- en skaapboere hul produktiwiteit onderskeidelik met 7,8% en 2,7% sal moet verhoog om voortaan net gelyk te breek.”

Mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), het Dinsdag tydens ’n beesinligtingsdag op die plaas Neu-Otjisaouna ‘n kritiese analise voor ’n vol saal mense aangebied oor hoe om die winsgewendheid van beesboerdery te verseker.

“Die realiteit is: Boerdery is in hierdie stadium nie meer winsgewend nie en ervaar groot finansiële druk,” het hy gesê.

Hy het grafieke getoon wat aandui dat die punt waar uitgawes vir bees- en skaapprodusente se uitgawes groter as hul inkomste geraak het, reeds teen die einde van 2011 verbygesteek is. Skaapprodusente is oor die algemeen beter af. Beesboere se uitgawes is, volgens die grafiek, sedert 2006 meer as hul inkomste. Teen die einde van 2011 was dit die laaste keer dat beesprodusente se inkomste en uitgawes min of meer gelyk was.

Van der Merwe het ook getoon hoe dié produsente se winsgrens oor die afgelope tien jaar gedaal het en ’n afwaartse neiging toon, met veral beesboere wat die slegste daaraan toe is. Dié syfers is deur ander sprekers op die dag benadruk.

“Beesvleispryse verhoog nie teen dieselfde koers as boere se uitgawes nie en die huidige situasie is nie volhoubaar nie. Ons ervaar dat siklusse van vyftig jaar in beesvleispryse ervaar word. Ons glo egter dat ons op die punt staan waar ons ’n verhoging in beesvleispryse gaan sien – ons het nodig om te glo dit kom, anders gaan beesprodusente nie meer lank bestaan nie,” het mnr. Roelie Venter gesê, wat ook ’n spreker op die dag was. Hy staan aan die hoof van die spesiale koördineeringseenheid wat die nasionale weiveld­bestuursbeleid en -strategie (NRMPS) moet implementeer.


Redes vir agteruitgang

Van der Merwe sê redes waarom bees- en skaapboere agteruitboer, sluit onder meer in swak bestuur, lae produksie, droogte, swak vleispryse, hoë insetkostes, swak finansiële beplanning, te veel skuld en dat boere se grond moontlik nie ‘n ekonomiese eenheid is nie.

“Terselfdertyd beïnvloed verskeie eksterne faktore boere, wat insluit ’n styging in grondbelasting, burokrasie, die voorgestelde ekonomiese bemagtigingswetgewing (NEEEB), die feit dat markte en pryse wisselvallig is, dat die verbruiker se besteebare inkomste onder druk is asook die strenger uitvoerregulasies vir speenkalwers na Suid-Afrika.

“Elektrisiteit, plaasveiligheid, opvoeding en mediese kostes raak duurder terwyl produksie en ekonomiese groei afneem.

“Die produsent moet egter fokus op faktore waaroor hy beheer het. Dit sluit in doeltreffende rekordhouding en produksie, bemarking en die bestuur van weiding, finansies, arbeid en risiko’s. Boere moet diversifiseer, soveel inligting as moontlik inwin en van kundigheid gebruik maak en ook hul emosies bestuur,” het hy gesê. Volgens hom sal die toepassing hiervan produsente se winsgewendheid verbeter.

Dié wat aanpas, oorleef

“Die realiteit is dat ons in uiters dinamiese tye van verandering leef wat nuwe uitdagings aan die regering, organisasies en die produsent stel.

“Dit is nie die sterkstes wat sal oorleef nie, maar dié wat die vinnigste gaan aanpas. Ons moet meer met minder doen en aanvaar sommige veranderinge kan ons beheer, maar ander nie,” het Van der Merwe gesê.

Volgens hom is dit nodig dat produsente hulleself kritiese vrae afvra. “Vra jouself: Is ek bereid om myself en boerdery krities te evalueer of soek ek fout vir my swak prestasie by ander? Is ek bereid om aanpassings te maak? Is ek in beheer of doen ek krisisbestuur?”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!