Boerderye in Namibië onder vergrootglas
Namibiese boere kan danksy ’n internasionale projek die sukses van hul boerderye met dié in ander lande vergelyk.
Ronelle Rademeyer - Afgevaardigdes uit 30 lande is sedert gister in Namibië om data van plaaslike bees- en skaapboerderye as deel van ’n internasionale landboumaatstafprojek te vergelyk.
Danksy die projek is ’n inligtingstelsel vir primêre landbou geskep waardeur plaaslike boere hul plase se ekonomiese sukses met dié in ander lande kan vergelyk.
Die hoogtepunt van die besoek wat volgende Woensdag ten einde loop, is ’n konferensie Maandag waar internasionale sprekers onder meer oor die mededingendheid van bees- en skaapproduksie in Namibië en die aanpassing by ’n veranderende klimaat gaan praat.
Mnr. Willie Schutz, bestuurder van bedrywe by die Vleisraad, sê dié raad stuur jaarliks die data van drie bees- en twee skaapplase in Namibië wat op ’n gestandaardiseerde wyse ingesamel is, aan die Agri Benchmark-projek.
Dr. Claus Deblitz, adjunkdirekteur van die Thünen-instituut vir Plaasekonomie in Duitsland, staan aan die hoof van hierdie projek waarvan nagenoeg 40 organisasies (soos die Vleisraad) uit 30 lande lid is.
“Agri Benchmark analiseer data van tipiese produksiestelsels op bees- en skaapplase oraloor die wêreld. Hulle kyk na watter infrastruktuur op plase is, hoe die produksiedata lyk en watter kostes ter sprake is om te bepaal of die plase produktief is en of dit ekonomies sin maak om daar te boer,” verduidelik Schutz.
Hy sê ’n verslag word elke jaar saamgestel en die inligting uit die 2018-verslag wat op Namibië betrekking het, sal tydens Maandag se konferensie bespreek word.
“Die konferensie word elke jaar in ’n ander lidland aangebied en dit is die eerste keer dat Namibië ’n beurt kry.”
Volgens Schutz kyk die maatstafprojek ook na ander bedrywe soos akkerbou en varkboerdery en is daar planne om dit na pluimvee, organiese landbou, tuinbou en vis en seekos uit te brei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie