Boerderyvennootskappe en die afsterwe van ‘n vennoot
Regsake vir boere
Om ‘n boer te wees is in meeste Namibiërs se bloed. Verder lewer boerdery ‘n groot bydrae tot ons land se ekonomie. Ek glo dat vennootskappe tussen mense wat boerderybelange het, iets is wat algemeen voorkom. Daarom ‘n artikel wat die elemente van ‘n vennootskap bespreek.
‘n Vennootskap is ‘n ooreenkoms tussen twee of meer mense wat dieselfde oogmerk het. Verder moet elk van die partye ‘n bydrae lewer om die gemeenskaplike oogmerk te bereik.
Ter illustrasie: A en B het elk 100 beeste wat op C se plaas wei. A, B en C besluit om ‘n vennootskap te stig.
A en B dra elk hul 100 beeste by tot die vennootskap. C dra die weiding by. Al drie is verantwoordelik vir die versorging van die diere. Al drie is ook verantwoordelik vir die uitgawes, soos arbeid en voeraanvullings vir die diere. Al drie vennote lewer dus ‘n bydra tot die vennootskap.
Die vennootskap het ‘n gesamentlike mikpunt, naamlik om ‘n wins te maak.
‘n Vennootskapsooreenkoms mag ‘n mondelingse kontrak wees, maar verkieslik word die ooreenkoms op skrif gestel.
Onthou, dit moet die duidelike bedoeling van A, B en C wees om ‘n vennootskap daar te stel.
A, B en C kan saam boer vir ‘n wins, maar indien hulle nie ‘n gesamentlike besluit geneem het om ‘n vennootskap daar te stel nie, kom geen vennootskap tot stand nie.
Vennote staan in ‘n vertrouensposisie tot mekaar en daar word verwag van vennote om ter goeder trou teenoor mekaar op te tree. Hulle moet eerlik wees met mekaar en alle feite wat relevant is tot die vennootskap se belange en transaksies wat die vennootskap betrek, aan mekaar openbaar.
Dit is belangrik om ‘n onpartydige persoon aan te stel as die boekhouer van die vennootskap. Die boekhouer moet jaarlikse state opstel om die uitgawes, bydraes van elke vennoot, die wins van die vennootskap en die verdeling van die winste tussen die vennote te boek te stel.
‘n Vennootskap ontbind gewoonlik by die afsterwe van een van die vennote. Hoewel die vennootskapooreenkoms mag bepaal dat die vennootskap nié ontbind by die dood van een van die vennote nie. Indien dit nie ontbind nie, sal die eksekuteur van die oorledene se boedel die belange van die oorlede vennoot hanteer. Indien die vennootskap by die dood van een van die vennote ontbind, sal die oorblywende vennote en die eksekuteur van die oorlede vennoot ‘n ontbindingsooreenkoms aangaan.
Die ontbindingsooreenkoms sit die terme van die ontbinding uiteen. Dit sal bepaal wat met die bates van die vennootskap moet gebeur en hoe enige uitstaande skuld afgelos gaan word. Gewoonlik word genoeg van die bates (in ons geval die diere) verkoop om alle uitstaande skulde of te los. Dan kan die balans van die bates verdeel word. Enige verdere winste word verdeel en die vennootskap se bankrekening word gesluit.
Die ontbinding van ‘n vennootskap bring nie automaties die pligte van die vennootskap tot ‘n einde nie, dus moet enige uitstaande kontraksverpligtinge gefinaliseer word.
Byvoorbeeld, indien die vennootskap ‘n kontrak het om ‘n sekere hoeveelheid diere maandeliks aan ‘n instansie te verskaf, sal die instansie in kennis gestel moet word van die ontbinding van die vennootskap en sal die kontrak gekanseleer moet word. Alternatiewelik kan die kontrak aan iemand anders sedeer word.
Onthou asseblief ook dat vennote gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik is vir die skulde van die vennootskap.
My advise: probeer dit sover moonlik vermy om met enigiemand in vennootskap te gaan. Dit is baie uitsonderlik vir vennote om ‘n lang en suksesvolle vennootskapsverhouding te hê. Gewoonlik lei dit tot stryery en ontevredenheid. Die Engelse sê: “A partnership is a sinking ship”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie