Boere aangesu00ea om waaksaam te wees
Boere aangesu00ea om waaksaam te wees

Boere aangesê om waaksaam te wees

Kommunale boerdery
Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula – Kommunale boere in die noordelike dele wat as die land se broodmandjie beskou word, is versoek om nie hul vee te hou nie aangesien die reën wegbly.

Die boere is aangeraai om hard te werk om ekonomies lewensvatbare planne te maak ingeval die land nie goeie reën kry nie.

Dié aanbeveling kom van die streekraadslid vir die Okatyali-kiesafdeling in die Oshanastreek, Joseph Mupetami, wat sê boere het weens die onlangse jare se droogtes in die land swak oeste gehad en groot getalle vee verloor. Dit het groot voedselonsekerheid tot gevolg gehad wat bygedra het dat talle huishoudings van die regering se droogtehulpkos afhanklik geraak het.

Benewens die droogte het kommunale boere ook veeverliese gehad weens die bek-en-klouseer wat verlede jaar in verskeie streke uitgebreek het.

Mupetami sê hy is bekommerd dat die vooruitsigte vir die reënseisoen nie belowend lyk nie. Hy het met boere gesels wat bereid is om hul beeste te verkoop.

“Ons is bekommerd oor die lang afstande wat die beeste moet stap vir water met die gebrek van reën en die enorme hitte wat ons deesdae ervaar.”

Hy sê hulle het nog geen berigte ontvang van diere wat weens honger of dood gevrek het nie.

Vroeg in Desember 2021 het die noordelike streke goeie reën ontvang, wat egter deur ’n droë periode gevolg is waartydens die vloedgebiede (oshanas) en damme opgedroog het.

Mupetami het boere dus aangeraai dat hulle terwyl hulle op die reën wag planne maak sodat hulle nie onvoorbereid is nie, sou die droogte terugkeer.

Die Namibiese weerkantoor het aangedui dat die noordelike gebiede soos Omuthiya en Eenhana asook die Kavango-, Zambezi- en Otjozondjupastreke dié week reën kan verwag.

Mupetami het ook aan die boere gesê Namibië en veral die verre noordelike streke kan nie meer so baie diere volhou nie. Vandaar sy aanbeveling aan hulle om hul kuddes te minimaliseer deur ouer diere te verkoop om jongvee te koop en intensief te boer.

[email protected]

FOTO TER ILLUSTRASIE

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!