Boere betaal die gelag
Die Okapuka-voerkraal waar nagenoeg 9 000 beeste op kraal afgerond word, kan ná byna agt weke geslag en bemark word.
Vir Jan Alleman mag dit dalk klink of al die belanghebbendes ná die uitgerekte en soms hoogs emosionele zeranol-sage, nou in vrede hul onderskeie funksies binne die waardeketting kan voortsit.
Ja, Meatco kan die beeste nou slag en die vleis uitvoer. En ja, die volgende lot speenkalwers kan midde die droogtenood vir afronding ingeneem word.
Maar niemand het tot nou iets gesê oor die opgeloopte verliese wat volgens Meatco soveel as N$5 miljoen per week beloop het nie.
As vleiskorporasie behoort Meatco aan die land se produsente.
Dié korporasie het kort voor die aankondiging oor die heropening van die voerkraal gemaan dat sy kritieke kontantvloei-situasie hom met gaan ander keuse gaan laat nie as om vleispryse te verlaag.
Selfs al markeer vleispryse nou die pas, is dit uiteindelik wel die produsent wat vir dié gelag sal betaal.
Namibië se landbouers is die ruggraat van die veral die plattelandse ekonomie. Hulle hou dorpe aan die gang, en verskaf ’n ekonomiese en maatskaplike vangnet vir duisende plaaswerker-gesinne.
Produksiekoste-indekse wys veral beesboere boer al vir jare agteruit omdat hulle inkomste nie in pas met hul kostes groei nie.
Gaan hulle finansieel onder, of gee boedel oor, sink plattelandse gemeenskappe saam met hulle.
Besluite wat die land se kommunale, opkomende of gevestigde boere raak, moet geneem word met inagneming van die wydkringende gevolge daarvan.
Sonder gesonde akkerbou- en veeteeltbedrywe, is die nasionale spens én beursie leeg.
Beeld, 31 Oktober 2016
Privatiseer rugbyunies
Die vooruitsig van die moontlike privatisering van Suid-Afrikaanse rugbyunies, soos uitgestippel deur Mark Alexander, nuwe nasionale rugbybaas, moet verwelkom word.
Soos sake tans staan, sukkel veral Suid-Afrika se groot rugbyunies, wat die grootste gros spelers vir die Springbok-span moet lewer, om finansieel kop bo water te hou.
Tans mag private maatskappye nie ’n beherende aandeel in die sakevleuels van provinsiale rugbyunies bekom nie, wat daartoe aanleiding gee dat verkose amptenare die septer swaai.
Terwyl van hulle toegewyd is en hul werk goed doen, is daar geen waarborg dat die betrokke individue oor die sakekennis en -vernuf beskik om rugby in die moderne era te bedryf nie.
Privatisering kan nét goed wees vir ons rugby. Die alternatief is ’n voortsetting van ’n argaïese struktuur, wat verdere agteruitgang onafwendbaar maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie