Boere en wapens
Sedert die begin van vanjaar is vyf kommersiële boere in hegtenis geneem vir beweerde oortredings van wetgewing oor die aanhou van vuurwapens en ammunisie.
Elke saak sal op meriete deur die land se howe beslis word.
Om die uitslag van sake vooruit te loop, sal onbehoorlik wees.
Desnieteenstaande was die toevoeging van terreurklagte tot die dossier teen die eerste persoon wat aangekeer is – ’n eerste in die land se geskiedenis – verrassend en opspraakwekkend. Daardie klag is later teruggetrek.
Die weiering van borgtog in dieselfde saak was omstrede en teen dié beslissing is geappelleer. Weer eens sal die uitspraak beslis of die aanvanklike besluit redelik was.
Elke Namibiër moet die wette van die land nakom. Daaroor behoort nie gedebatteer te word nie.
Rompslomp en frustrasie met die lisensiëring van vuurwapens kan ook nie as verskoning dien nie.
Die Namibië Landbou-unie (NLU) het boere pertinent gewaarsku om hul wapensake in orde te kry. Dit is verantwoordelike optrede.
Konkrete bewyse bestaan nie dat boere vir wetsoortredings uitgesonder word nie. Enige so ’n “aanslag” sou uiters kommerwekkend wees. As deel van klopjagte word gereeld ook verslag gedoen oor ander optrede teen inwoners wat die wapenwet oortree.
Wapens uit die bosoorlog en vryheidstryd moes lankal ingedien of behoorlik gelisensieër gewees het.
Die Grondwet vereis gelykmatige wetstoepassing om alle Namibiërs te beveilig. In die stryd teen onwettige wapens en ammunisie mag daar geen dubbele standaarde wees nie.
So sê ander
23 Mei 2016
Sterk boodskap teen bakleiery by skole is welkom
Wat ’n plesierige skolesportmiddag moes wees, is voorverlede Saterdag deur ’n rugby-bakleiery tussen Sentraal en Jim Fouché se eerstespanne ontsier. En Vrydag het die vuiste tussen twee hoërskoolseuns op Grey-kollege se skoolterrein geklap – glo oor ’n meisie.
Instinktiewelik is die versoeking om te sê: Ag wat, seuns sal seuns bly.
Tog: die tonele – op die rugbyveld en in die video oor die skoolgeveg – is nie mooi nie. Dit is selfs brutaal om te sien hoe ’n groter seun ’n kleiner ene onder aanhitsing van skoolmaats pot.
Dié soort bakleiery gebeur by skole. Danksy – of weens – sosiale media is dit nou baie meer in die openbare domein.
In die geval van die rugbybakleiery is die Vrystaatse Rugbyunie se skorsing van altesaam elf wedstryde van die drie oortreders te verwelkom.
Vuilspel ís onaanvaarbaar.
Regte optrede dra by tot die leerproses.
• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie