Boere fiets vir droogtehulp
Boere wil self ook ’n bydrae lewer om die droogte te verlig – al is dit deur hul spiere en nie geld nie.
Elvira Hattingh - Boere mag dalk tans nie geld hê om die droogte te takel nie, maar daar is niks fout met hul spiere en mannemoed nie.
Boonop maak hulle altyd ’n plan, meen 12 boere wat besluit het hulle gaan van 28 tot 30 November 376 km tussen Otjiwarongo en Torrabaai te fiets aandurf. Dít om self geld vir droogteverligting in te samel.
Hulle sal die tog ten bate van die Dare 2 Care-droogterampfonds aanpak en is hard op soek na borge.
Mnr. Dirk Potgieter, ’n boer van die Otjiwarongo-omgewing, sê hulle het besluit om Torrabaai toe te ry omdat dit vanjaar opnuut sal open en verskeie boere in elk geval daar gaan vakansie hou.
“Dit is op ons pad en ons het besluit kom ons ry nou maar met ons fietse soontoe in stede van met karre,” sê Potgieter.
“Dit was ’n swaar jaar en ons kan nie geld vir die Dare 2 Care-droogterampfonds gee nie, maar ons wil ook graag iets probeer bydra,” sê hy.
Potgieter sê vier spanne het tot dusver ingeskryf, met drie fietsryers elk.
Hy sê hulle sal uiteindelik ’n maksimum van 15 tot 18 fietsryers kan huisves. Die hoop is dat hulle individue of instansies kan oorreed om hulle per kilometer te borg.
Potgieter sê hy is ’n sportman wat daarvan hou om verskillende sportsoorte te beoefen. Hy sê die meeste van die fietsryers wat aan die rit deelneem, is eerstens betrokke by boerdery, maar is ook sportmanne.
Hy sê die plan is om die fietsrit in drie skofte af te lê.
“Ons wil die eerste aand op Khorixas oorslaap, die tweede nag in die Huabrivier, die derde by die Springbokrivier en die laaste aand by Springbok-oase, voor ons Sondag Torrabaai toe deurry.”
Die Dare 2 Care-droogterampfonds het tot dusver N$9,3 miljoen ingesamel en altesaam 185 000 sakke veevoer is gesubsidieer, het die Namibië Landbou-unie (NLU) gister (Dinsdag 29 Okt) aan Republikein gesê.
Die fonds se mikpunt is om uiteindelik N$10 miljoen in te samel. Die inisiatief word gesamentlik deur die Namibië Landbou-unie (NLU) asook die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (NECFU) bestuur en alle boere – kommunaal asook kommersieel – baat daarby.
Vir enige verdere besonderhede oor die fietsrit, kontak mnre. Len de Jager by 081 236 3713, Herman Lintveld by 081 129 9987, of Potgieter by 081 1278200.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie