Boere: Ons kán nie meer
Die droogtehulpfonds voer beide mens en dier en help ouers ook om skoolfonds te betaal.
Elvira Hattingh - “Die Here moet naby aan my bly dat ek nie óók moedeloos raak nie. Die boere kán net nie meer nie.”
Sedert die begin van vanjaar het Henriette Le Grange, wat die Namibië Boere-droogtehulpfonds bestuur en self ook boer, reeds twee oproepe gehad van boere wat ’n einde aan hul lewens wou maak.
“Daar is deurlopend oproepe van moedeloses, van boere wat wil tou opgou. Net verlede week het ’n boer van Maltahöhe se kind my gebel en gevra om haar ouers te besoek en te gaan moed inpraat. Sy sê ek is al hoop wat oor is.”
Le Grange sê hulle sukkel self weens die droogte en moet moet hul sente twee maal omdraai.
“Dalk moet ek probeer om ’n borgskap vir ’n motor en brandstof te kry sodat ek die moedelose boere kan gaan besoek.”
Sy sê tans word daar ook beslag op plase gelê van boere wat nie meer hul skuld kan vereffen nie. Sy het na ’n geval verwys waar ’n boer van Maart vanjaar af ander werk sal moet kry – met drie kinders op skool.
SKOOLFONDS
Terselfdertyd is die Namibië Boere-droogtehulpfonds besig om 15 huisgesinne van kos te verskaf, terwyl hulle vir 7 Maart ’n potjiekos- en opskopgeleentheid met die Klipwerf-boereorkes reël.
Dit om geld vir die plaaskinders se skoolfonds in te samel.
“Ons het verlede jaar reeds ’n projek van stapel gestuur en kon N$25 000 insamel, wat vir agterstallige skoolfonds aangewend is, net sodat hierdie boere se kinders weer kon teruggaan skool toe,” het Le Grange gesê.
“Die siening dat dit net wit kinders is wat privaat skole toe gaan, is verkeerd. Dis boerekinders van alle rasgroepe. Al die aansoeke vir hulp met skoolfonds wat ek reeds ontvang het, beteken ons sal N$120 000 per maand benodig. Ek kry elke dag nog aansoeke by.”
Sy sê hulle sukkel nog om genoeg stalletjies vir die beplande opskop te bespreek.
Le Grange sê boere probeer noodgedwonge hul kinders in staatskole kry, maar dié skole is te vol. Ander probeer tuisonderrig, maar daarvoor moet rekenaars aangekoop word en dít verg dat jy moet weet wat jy doen en baie toegewyd moet kan werk.
“Sommige boere haal hul kinders vir ’n jaar of so uit die skool en sê hul kind neem ’n rusjaar.
“Die doel met ons fondsinsameling vir skoolfonds is om eerstens te probeer om kinders wat in graad 10, 11 of 12 is te help om in die skool te bly en minstens matriek te voltooi. Hulle is ons land se toekoms,” sê Le Grange.
Sy sê die gesinne wat hulle van kos voorsien, is dikwels te trots om te erken hulle het dit nodig.
“Kerke gee tans ook kos aan talle gesinne – gevalle waarvan ons nie eers weet nie.”
VEEVOER
Le Grange sê een van die fonds se grootste behoeftes is die vervoer van geskenkte veevoer. Sy sê tans lê daar geskenkte voer in onder meer Vereeniging, maar dit sal N$50 000 kos om dit na Namibië te vervoer, wat net nie beskikbaar is nie.
“Dit maak my só hartseer,” sê sy.
Le Grange sê boere in Karasburg en Warmbad se wêreld ervaar reeds hul tiende jaar van droogte of onvoldoende reën.
“Die skaapboere is bykans tot niet. Ek ontvang foto’s van boere se dooie diere oral. Ek weet nie hoe hou hulle dit nie.”
Le Grange kan by 081 124 9670 geskakel word.
Die NLU het ’n hulplyn vir lede wat in moeilike tye verkeer: Boere kan Dries by 081 251 8088 of Charles by 081 129 9055 skakel.
Lees ook die berig op bladsy 2 waarvolgens Januarie se reënsyfer ondergemiddeld was.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie