Boere su00ea Mugabe se geblaf is u2019n speletjie
Boere su00ea Mugabe se geblaf is u2019n speletjie

Boere sê Mugabe se geblaf is ’n speletjie

Abrie Burger - Die dreigemente van pres. Robert Mugabe van Zimbabwe om nóg grond van wit boere af te vat en aan die land se jeug te gee, is volgens boere in dié land ’n politieke spel wat niks met ekonomiese transformasie te doen het nie.

News24 het verlede naweek berig Mugabe het aan duisende ondersteuners van sy ­Zanu-PF-party in die plaasdorpie Marondera gesê hy het agtergekom daar is nog 73 wit kommersiële boere in die provinsie Mashonaland-Oos wat plase besit “terwyl ons mense nie grond het nie”.

“Ons gaan daardie plase vat en aan die jeug gee. Baie van hulle het nie voordeel uit die grondhervormingsprogram getrek nie,” het Mugabe gesê.

“Maar die grond gaan nie genoeg vir almal wees nie.

“Ons gaan ook grond wegneem van kleinskaalse boere wat dit nie benut vir herverdeling nie.”

Twee boere in die provinsie van Mashonaland-Oos, sowat 18 km van die hoofstad Harare af, sê hulle het sulke uitsprake verwag met volgende jaar se verkiesing om die draai.

Tien van die meer as 73 wit boere in dié provinsie het intussen kennisgewings ontvang wat sê hulle moet óf hul grond verlaat, óf dele daarvan aan die regering afstaan.

Die boere, wat uit vrees nie hul name gepubliseer wil hê nie, het aan Rapport gesê dat Mugabe juis Mashonaland-Oos teiken omdat dit die gebied is waarin Joice Mujuru, gewese voormalige visepresident en nou leier van die Zimbabwe People First-party, groot steun geniet.

“Dit is ’n politieke speletjie en het absoluut niks met die ekonomie van die land te doen nie. Hulle wil net aan die bewind bly en wil met grond die jeug se steun wen,” sê ’n boer.

Nog ’n boer in die omgewing met ’n familieplaas waarop hulle al sedert 1957 boer, sê hy het ’n kennisgewing ontvang dat hy 240 ha van sy 440 ha aan die regering moet afstaan.

Dié plaas, wat aanvanklik 1 800 ha groot was, is ná die grondhervormingsprogram in 2000 tot 440 ha verminder.

Ná die jongste grondonteiening sal hy net 50 ha bewerkbare grond oorhê.

Hy wil hof toe, maar is onseker of dit sal slaag. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!