Boere se donkerste uur is N$400 vir veilingskoei
Boere se donkerste uur is N$400 vir veilingskoei

Boere se donkerste uur is N$400 vir veilingskoei

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - 'n Foto van 'n kwitansie wat toon 'n boer het gister (Donderdag 23 Mei) net N$400 vir 'n maer koei op Blaauwberg Auctioneers se veiling op Otjiwarongo gekry, sirkuleer tans in die sosiale media.
Dié veilingshuis se eienaar, mnr. Piet Schrader, het pas aan Republikein gesê dit wys die abnormaliteit van dié droogte en die invloed daarvan op markkragte. Hierdie rampdroogte word as die ergste in menseheugenis beskou.
"Alles is deurmekaar. Dit is 'n baie emosionele tyd. Daar is nie kopers nie en daar is nie die koopkrag nie. Ek wil eintlik nie eers meer veilings hou nie," sê Schrader wat self ook boer.
Die koeie weeg 287 kg, wat beteken die boer het N$1,39 per kilogram vir lewende gewig gekry.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer