Boere se geld vloei uit SA weens onsekerheid
Boere wil nie onnodige geld bestee nie en probeer om eerder geld buite die landbou op te gaar.
Cheréne Pienaar – Miljarde rande landboukapitaal gaan nou landuit omdat boere weens toenemende onsekerheid oorsee wil belê.
Dít is een van die kommerwekkende bevindings uit Johan Willemse, landbou-ekonoom, se ontledings.
“Landbou(produksie) daal reeds die laaste paar jaar weens die uitwerking van die droogte.”
Die wysiging van art. 25 van die Grondwet skep bykomende onsekerheid, wat daartoe gelei het dat landbou-ondernemings en boere nuwe investeringsplanne eers op die lange baan geskuif het, sê hy.
Boere wil nie onnodige geld bestee nie en probeer om eerder geld buite die landbou op te gaar.
“Dié wat kan!” voeg Willemse by.
Hulle oorweeg Namibië, Rusland en Suid-Amerikaanse lande soos Brasilië.
“Boere wil boer, hulle wil nie hul plase verkoop en hardewarewinkels bedryf nie!”
Alwyn Marx, ’n veeboer van Burgersdorp in die Oos-Kaap, belê reeds in die buiteland.
“Jy dink maar aan jou kinders. Ek is ’n sewendegeslag-boer en sit alles terug in die grond, daar is nie regtig beleggings nie.”
Hy sê logiese denke noop hom om dit wat hy wel het nie meer plaaslik te belê nie.
“Ek gaan minder intensief wees en probeer om nie ’n te groot ding aan te pak nie.”
Hy wou vroeër ’n fabriek oopmaak wat voerpille vervaardig, maar weet nie meer of dit ’n goeie idee is nie.
’n Vriend van Zimbabwe het hom aangeraai om sy rande in Amerikaanse dollar om te skakel.
“Dit is Zimbabwiërs wat dit vroegtydig begin doen het wat dit gemaak het.”
Maar, sê hy, hy sal nie sommer ophou boer in sy tuisland nie en sal “die laaste een wees wat loop”.
Hy het die gedagte om te emigreer aan al sy werkers genoem.
“Dan sê hulle: Jô! Waarheen sal ons gaan? Ons kom saam met jou.”
Hy sê die regering weet nie waarmee hulle speel nie.
“As jy mooi daaroor dink, moet hulle ons eintlik oppas.”
In plaas daarvan om geld van ander lande vir Eskom te kry, moet die regering uitvoermarkte vir boere soek sodat die land buitelandse valuta kan verdien en meer mense in diens kan neem.”
Ikageng Maluleke, ’n junior ekonoom by Graan SA, sê dit is te vroeg om te sê boere gaan weens die onsekerheid nie dié seisoen plant nie, soos wat vroeër in Rapport berig is.
“Dit is nou baie droog en in die westelike deel van die land kon nog nie geplant word nie. Somergraan (mielies, sojabone en sonneblomme) kan nog tot einde Desember en selfs vroeg in Januarie geplant word.”
Grondonteiening sonder vergoeding kan die finale nekslag wees omdat dit nie ekonomiese groei en eienaarskap van private eiendom bewerkstellig nie.
“Laer grondpryse sal die sekuriteitsbasis (kollateraal) vir die banke verminder en boere sal nie toegang tot finansies vir gewasse kry nie, of slegs gedeeltelik,” sê Maluleke,
Laer voedselproduksie kan tot tekorte lei, wat invoer en verhoogde voedselpryse tot gevolg sal hê, sê sy.
Wat grondpryse betref, het dit reeds in sekere streke gedaal.
“Maar dit het te doen met droogtes se invloed en bedrywe soos die wildbedryf, wat nou op ’n laagtepunt is. Dit geld ook suiwel- en saaiplase in veral die somergraangebiede.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie