'Boere se veglus verdwyn'
Kommer laai op oor die droogte en die vooruitsigte lyk nie goed nie.
Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.
“Ek was gister by ’n veiling en ons boere is wanhopig. Daar is plekke wat tot sewe jaar laas voldoende reën gehad het. Ons is permanent besig met skadebeheer en krisisbestuur. Ons kan nie meer weidingsbestuur toepas nie en ons moes ons kudde- en lambestuurprogram aanpas,” sê me. Anette Steyn, ’n kleinveeboer en stoetteler op die plaas Goreis naby Koës.
Sy sê hulle het net ’n kernkudde oor en het steeds nie genoeg weiding nie.
“Ek was gister (Woensdag) by ’n veiling en die pryse het baie geval,” sê sy en voeg by dat met die hoë koste van veevoer boere nie kan volhou om hul diere te voer nie.
Steyn sê dit is die eerste keer in ’n lang tyd dat boere van die Suide tot die Noorde en van die Ooste tot die Weste dieselfde nood beleef.
“Net rondom Windhoek is ’n effense groenigheid, maar ook nie so dat jy ’n trop beeste kan vet kry nie.”
Mnr. Pieter van Schalkwyk van die plaas Samehaling naby Aroab sê wat die situasie so desperaat maak, is dat boere vir sewe tot agt jaar al ondernormale reënval kry.
“Die groot ding is dat die droogte al so lank aanhou. Die veld en plantegroei gaan net al meer agteruit en daar is nie reën om dit te herstel nie. En hoe verder suid jy gaan, hoe erger raak dit.”
Hy sê al hoe boere hul diere in produksie kan hou en lammers hê om te bemark, is deur die diere te voer. “Maar voerpryse het die hoogste ingeskiet en ons kan nie meer met hierdie patroon volhou nie.”
Van Schalkwyk sê hy en die meeste ander boere het die helfte of minder diere op hul plase oor as waarmee hulle vroeër jare geboer het.
“Kyk, ons boer uit vrye keuse en het voorheen ook droogtes beleef. Maar die swak vleispryse en die ekonomie maak dit al moeiliker om op die regte manier deur ’n droogte te gaan.”
Hy sê wat hom verder kwel, is dat boere hul veglus verloor het en nie meer hoop het nie.
VOORUITSIGTE
Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Richard Nashikaku, sê die reënvooruitsigte vir die naweek is swak, met slegs enkele buie en donderbuie wat oor die sentrale noorde en noordoostelike dele van die land verwag word.
Terselfdertyd word baie warm weer oor die groter Namibië verwag. Dit word veroorsaak deur ’n laedrukstelsel wat oor Namibië hang en slegs droë lug bevat.
Mnr. Mike Berridge sê in sy voorspelling op Weather Today – Southern Africa se Facebookblad dat dié laedrukstelsel egter onstabiel genoeg is dat dit geïsoleerde buie of donderbuie na die noordooste van Namibië kan bring, wat tot so ver as Windhoek en Gobabis kan strek.
Die vog vir die buie kom uit Angola. Hy sê ook dat die huidige weerstelsels wat oor Suider-Afrika hang, waarskynlik swaar reën vir Mosambiek kan bring wat tot vloede mag lei.
ENKELE MAANDE VOORUIT
Mnr. Johan van den Berg, landbouweerkundige by Santam in Suid-Afrika, sê op die langer termyn blyk dit reënvalvooruitsigte gaan nie binnekort verbeter nie, hoewel daar groot onsekerheid heers oor wat die reën die res van die seisoen gaan doen.
Hy sê Namibië se reënvooruitsigte stem baie ooreen met dié van die westelike dele van Suid-Afrika.
“Daar is ‘n paar moontlike scenario’s vir die res van die seisoen,” het Van den Berg verduidelik.
“Gemiddelde reënval kan moontlik in Januarie en die eerste deel van Februarie voorkom, maar droër toestande kan tydens die laaste deel van die seisoen heers, met ‘n 70% kans dat El Niño dan ‘n rol kan speel.
“Óf El Niño se uitwerking sal dalk nie ‘tipies’ wees nie óf dit kan vinnig begin verswak, met goeie reënval vir die res van die seisoen.”
Hy het gesê daar is ‘n 30% kans dat dié scenario sal ontwikkel en dan kan die jaar vergelyk word met die reënseisoen van 1987-’88.
Volgens hom is die kans op reën vir die suidelike dele van die land baie swak tydens die komende maande.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie