Boere trap vas teen uraanmyn in Kalahari
Die gemeenskap van die Leonardville-omgewing is bekommerd en ontsteld oor Russiese planne om uraan hier te ontgin.
Frank Steffen op Leonardville – Die omgewingsimpakmaatskappy Environmental Compliance Cousultancy (ECC) is gister op Leonardville met vrae bestook oor planne vir 'n uraanmyn in die omgewing.
Openbare gesprekke hieroor het Maandag in Windhoek en gister in die gemeenskapsaal van die Kalahari-dorp plaasgevind.
Mnr. Stephan Bezuidenhout en verteenwoordigers van Headspring Investments (HI), ’n filiaal van die Russiese maatskappy Uranium One Rosatom, is deur meer as 100 mense begroet. Nie alle vrae van die gemeenskap is beantwoord nie.
Die ontginning sal plaasvind direk langs die Nossobrivier en naby aan die akwifer wat daar geleë is.
“Dit is soos ’n kindergarten. Ek stel voor julle gaan huis toe en kom beter voorbereid terug om ons vrae te antwoord,” het me. Viktoria Shikongo, ’n boervrou van die omgewing gesê.
Die boer Wolfgang Teichert van die plaas Blumfelde het daarop gewys dat die maatskappy uraan wil ontgin met behulp van ‘n logingsproses (‘n chemiese, vloeibare oplossing word hiervoor benut) op die ondergrondse diepte van artesiese waterbronne, nadat mnr. Anton Korobkin erken het dat hulle hul boorgate op ’n diepte van 140 meter wil sink. Die uraandeposito lê op ’n diepte van 100 ot 150 meter.
BOORGAT REEDS BESOEDEL
Een boer het gekla dat een van sy boorgate reeds met olie besoedel is nadat HI sowat 300 meter daarvan ’n eksplorasieboorgat gesink het.
“As julle nie eens oor so ’n kort afstand kontrole oor die waterbesoedeling het nie, hoe wil julle dit later doen?” wou hy weet.
Een van die ingenieurs het toegegee dat hulle in Kazakstan, waar hulle hoofsaaklik aktief is, aanvaar dat “die water binne ‘n radius van 100 meter rondom ‘n produksiefasiliteit 30 jaar lank onbruikbaar bly”.
Deelnemers het ook gevra hoekom slegs 80% van die uraan ontgin sal word en wat van die oorblywende 20% sal word.
Dr. Roy Miller, wat as hidroloog baie krities is oor die projek, wou weet of hierdie soort blitsige prospektering en beplande ontginning ondersteun word deur bestaande ontledings en bykomende boormonsters.
REGTE VERSTRYK
HI het toegegee dat mynregte vir die twee prospekteringskleims, EPL 4655 (vir toetsboorgate en die omgewingsimpakondersoek) en EPL4654 na herhaalde verlengings nie meer geldig is nie.
“Die minister van mynbou het alreeds aangedui dat die lisensie verleng sal word,” was HI se antwoord hierop.
HI prospekteer al jare lank in die omgewing, maar boere kla hul verteenwoordigers is nooit beskikbaar wanneer hulle met iemand wil praat nie.
ECC behartig die omgewingsimpakstudie (EIA) terwyl Risk-Based Solutions 'n oorspronklike ondersoek gedoen het. Vorige beloftes om ‘n streekswaterstudie uit te voer, is blykbaar nooit nagekom nie.
FOTO’s
Die boeregemeenskap van die Leonardville-omgewing het gister hul misnoeë met die beplande uraanontginning uitgespreek. Foto Frank Steffen

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie