Boere tref ‘rock bottom’
Die landboubedryf moet toekomsstrategieë teen krisisse soos hierdie ontwikkel.
Ronelle Rademeyer - “Ons mense is totaal platgeslaan. Die wanhoop en emosie wat ek hoor as ek met ons boere praat, wys hulle het ‘rock bottom’ getref.”
Só beskryf die voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), mnr. Piet Gouws, die desperate toestand in die landbougemeenskap.
Namibië beleef een van sy felste droogtes in dekades en dit val saam met ’n resessie en fiskale besuiningsmaatreëls wat regeringsbesteding aan kapitaalprojekte aansienlik ingeperk het. Dit beteken dat talle ander bedrywe in die land ook figuurlik gesproke ’n droogte beleef.
Gouws sê hoewel die landbougemeenskap dankbaar is vir die droogtehulp van bykans N$573 miljoen in die vorm van subsidies, voedselhulp en ander bystand, het hulle gehoop die regering kondig ’n noodtoestand af. “Voor dit nie gebeur nie, kan ons nie die internasionale gemeenskap om bystand vra nie.”
Hy sê droogtes in Namibië is siklies en boere moes sulke krisisse al in die verlede bestuur. “Wat dit nou anders maak, is die langdurigheid en intensiteit van hierdie droogte. Verder word die totale land getref.
“In vorige droogtes was daar darem nog huurweiding in ander dele beskikbaar, maar nou is daar niks nie,” sê hy.
“Wat dit andersins moeiliker maak, is die geweldige hitte waarmee die droogte gepaard gaan,” sê hy met verwysing na temperature van digby 40 °C wat in Maart nog ervaar word.
Verder beleef Suid-Afrika ’n uitbreking van bek-en-klouseer en dit het ’n impak op die rooivleismarkte en produsentepryse, asook die beskikbaarheid van gebaalde hooi en lusern uit Suid-Afrika.
“Hoewel ek nie feitelike gronde daarvoor het nie, glo ek hierdie droogte is soos al ons ander droogtes in die verlede siklies en dat dit weer sal beter gaan. Maar ek weet terselfdertyd om sal oor die volgende twee of drie jaar moet herbesin oor ons landbousektor en produksie in hierdie land. Ons moet ons denke verander en nuwe strategieë ontwikkel,” sê hy.
2018 MORS (OOK) MET LANDBOU
Verskeie bedrywe in die landbousektor het in 2018 negatiewe groei beleef, sê die Namibië Landbou-unie (NLU).
Dalende produksie en ’n daling in produsente pryse het die inkomstewaarde van baie van die bedrywe negatief beïnvloed.
Die inkomstewaarde van die varkbedryf het jaar-op-jaar met 6,2% gedaal, grootliks vanweë verminderde bemarking terwyl die bokbedryf met 1,5% gedaal het weens laer produsentepryse.
Die pelsbedryf (Swakara) het ’n reusedaling in produksiewaarde van ongeveer 32% ondervind, wat beteken die inkomstewaarde het van N$45,5 miljoen in 2017 na N$30,7 miljoen in 2018 verminder. ’n Afname in pryse asook die hoeveelheid pelse wat produsente bemark het, is daarvoor verantwoordelik.
Wat akkerbou en tafeldruiwe betref, was die prentjie ook nie rooskleurig nie en is ’n daling in inkomstewaarde van 21,7% en 17,8% onderskeidelik onndervind.
Ondanks die uitdagings was daar wel enkele bedrywe wat groei getoon het. Die gemiddelde inkomstewaarde van die bees-, skaap- en pluimveebedryf het jaar-op-jaar met onderskeidelik 4,3%, 9,1% en 6,8% gestyg.
Die positiewe waarde van beesbedryf kan toegeskryf word aan ’n effense verhoging in speenkalf- en slagpryse in die vierde kwaartaal van 2018 en wat skape betref was dit vanweë ’n styging in lewende uitvoere en beter produsentepryse.
Wat pluimvee betref het ’n paar nuwe klein- en mediumgrootte pluimveeprodusente tot die bedryf toegetree, wat ’n beduidende bydrae gelewer het.
Suiwelboere is baie afhanklik van voer om hulle melkproduksie te verhoog en in 2018 het die voerkoste met 72,9% gestyg. Boewendien het produsente twee prysverlagings gehad, wat hul kwesbaarheid verhoog het.
Die suiwelprodusente het egter laat verlede jaar ’n 10 sent-verhoging ontvang wat die inkomstewaarde van die bedryf met 0,8% verhoog het – ’n aanduiding van die positiewe verskil ‘n verhoging van selgs 10 c/l melk op die suiwelprodusente se inkomste kan hê.
Houtskool het baie goed gevaar en die bedryf se inkomstewaarde het van N$184,8 miljoen in 2017 tot N$306,7 miljoen in 2018 gestyg – ’n reuseverhoging van 66%. Verhoogde produksie en beter produsentepryse het dit aangevuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie