Boerseep sorg vir Martha se oudag
Tanja Bause – “Ek is seker my pa kyk van die hemel af op my en ek is so spyt hy kon nie my besigheid sien nie. Hy sou op hierdie stoel gesit het en vir my gevra het: ‘Nana, hoe moet ek die seep toedraai?’ Hy sou my gehelp het om die seep te roer. Ek mis hom baie,” sê Martha April (61), die vrou agter Martha’s BoerSeep.
Sy is op Upington in Suid-Afrika gebore.
“My pa het op die paaie in Namibië gewerk. Hy het heen en weer gereis om vir sy gesin in Upington te gaan kuier. My ma het ons alleen grootgemaak tot hulle besluit het dat hulle bymekaar moet wees en ons Windhoek toe getrek het.”
Martha was 16 jaar oud en het hier skool voltooi waarna sy begin werk het.
SAKEMENSE
“My ouers was beide sakemense. My pa het minibusse besit wat tussen Windhoek en Upington gery het. Hy was seker een van die eerste mense wat so ’n taxi-onderneming gehad het. Hulle het ook ’n winkel en slaghuis in Khomasdal gehad.”
Martha het ná skool begin werk en later ook in haar ouers se winkel en slaghuis.
“Ek het terwyl ek gewerk het 04:00 opgestaan en muffins gebak wat ek dan by die werk verkoop het. Ek het my hele gesin hierby betrek en ons het almal in die oggende beurte geneem om te bak. Dan is ons almal werk toe met ’n baksel en het dit daar verkoop.”
Volgens Martha het sy die dryfkrag om sake te doen van haar ouers geërf en was hulle haar rolmodelle.
“Ek is net bietjie vies vir myself dat ek eers op 59 met my eie besigheid begin het.”
BOERSEEP
“Ons het vir sowat vier jaar op Walvisbaai gewoon. Ons het aan die einde van 2015 soontoe getrek en gedink ons kan vir onsself ’n beter lewe skep, maar toe kom die ekonomie en slaan ons plat.”
Haar pa is oorlede en die familie het terug Windhoek toe getrek sodat sy haar ma kon versorg. Haar man het sy werk op Walvisbaai bedank en kon nie onmiddellik weer werk in Windhoek kry nie.
“Ons moes eet en drink. Ek het baie met die Here gesels en hy het vir my gevra: Wat het jy in jou hand? En hy het vir my die boerseep gewys.”
Martha sê niemand in haar familie maak boerseep nie. Sy het ’n goeie vriendin, Muriel, in Walvisbaai gehad wat bietjie boerseep gemaak en dit op basaars verkoop het.
“Ek het vir haar – toe ons nog op Walvisbaai was – gesê sy kan groot gaan met die seep, maar Muriel wou nie. Nadat die Here die seep vir my gewys het, het ek haar gebel en daarvan vertel en gesê ek wil die seep maak. Muriel het gesê ek kan dit met graagte doen en sy sou my selfs help.”
Op 27 April 2020 het Martha een mengsel boerseep gemaak, wat een steen seep was. Vandag maak sy 65 sulke stene op een slag. Martha’s BoerSeep word landswyd in ongeveer 40 winkels verkoop.
“Ek het by winkels gaan aanklop en my seep word tans in Spar-winkels op Oranjemund, OK Foods in so ver noord as Ongwediwa, in ses verskillende Woermann, Brock-winkels en sommige apteke verkoop. Ek is baie trots, want ontho,u daar was ’n tyd waar ek slegs N$10 se krag kon koop.
“Ek wil huil van dankbaarheid. Jy ken van niks het. Jy ken van met niks iets maak en vandag kan ek met trots kyk na wat ek het. Ek is net bietjie spyt dat ek eers op 59-jarige ouderdom my eie besigheid begin het.”
Die boerseep is 100 persent natuurlike handgemaakte seep wat Martha en haar twee seuns, Marco en Maxell, op die stoep by haar huis in Khomasdal maak.
“My man en dogter het voltydse poste, maar wanneer hulle saans by die huis kom en ons is besig, dan spring hulle in en help.”
RAAD
“Daar is dae wat ons nie seep maak nie en dan moedig ek my kinders aan om te doen waarin hulle goed is. Maxwell bou meubels uit palette en hy het ook die houers gemaak waarin die mengsel gegooi word om droog te word. Daar is ’n geweldige nood vir werk daar buite en elke persoon moet kyk watter gawe hulle gekry het.
“Al is dit om iemand se hare te sny. Daar is ’n skêr in die huis en jy kan aan die begin eers net ’n handdoek om die skouers sit. Iemand in die familie het ’n skeermasjien wat jy kan gebruik.
“Mense dink altyd hulle het nie geld nie, so hulle kan nie met iets nuuts begin nie. Kyk wat jy het en begin. Dalk kan jy koek bak. Maak ’n mengsel aan en bak ’n klein koek of kolwyntjies en verkoop dit. Jy hoef nie vir die eerste keer ’n troukoek te bak nie. Ek het met een steen begin en vandag maak ek 65 op een slag.”
Sy moedig mense aan om op navorsing op die internet te doen om idees te kry wat hulle kan doen.
“Gaan kyk wat kan jy met koerantpapier, blikke of plastiekbottels maak. Vat ou lappe en druk dit in sement en maak blompotte. Jy het nie altyd baie geld nodig om iets te begin nie. Jy hoef nie by die huis te sit en te wonder hoekom gaan daardie of die persoon vorentoe of waar kan ek nou geld leen nie. Doen iets.”
TOEKOMS
Martha wil graag ’n fabriek begin om werk te skep veral vir mense wat in die gevangenis was.
“Mense maak foute en gaan tronk toe en betaal vir hul foute. Wanneer hulle dan uitkom wil hulle iets word en doen, maar die lewe en samelewing wil hulle nie weer aanvaar nie. Hulle benodig ’n kans en niemand wil hulle ’n kans gee nie. Ek wil daai mense ’n kans en werk gee.”
Besoek die Facebook-blad Martha’s BoerSeep vir meer inligting.
– [email protected]
FOTO’s Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie