Boervrou skitter met boog
Boogskiet
Tielman van Lill – Die Magnum-boogskutter van Grootfontein, Babette Taljaard, het in die afgelope dae twee Namibiese boogskietrekords aan flarde geskiet.
Die noorde-boervrou het die Weskus-boogskietkompetisie in Swakopmund gewen en het in die proses die ou buitenshuise rekord van 677 uit 720 punte vir die saamgestelde boog tot 683 verbeter.
Haar 580 uit 'n moontlike 600 in die binnenshuise kompetisie was ewe indrukwekkend en nie-amptelik 'n nuwe Namibiese rekord.
Taljaard vertel: “Sjoe! Wat 'n fantastiese naweek was dit nie. Ek het amptelik een Namibiese rekord herskryf en die binnenshuise rekord moet nog deur die boogskietvereniging erken word. Niemand weet tans wat die ou rekord was nie. Daar word tans ondersoek ingestel om die inligting na te spoor, maar ons is 100 persent seker dit is 'n nuwe rekord vir die boeke.
“Ek is uit my vel van blydskap en baie beïndruk met my nuwe boogsnare van Tony's Custom Bowstrings. Baie dankie aan Magnum-boogskiet en Tony vir jul ondersteuning.”
Taljaard het Sondag die binnenshuise kompetisie ingepalm, met Jacqueline Coetzee tweede en Vicky du Plessis derde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie