Boet & Sus: onapologeties outentiek
Die vertoning moet aangaan …
Yandi du Plessis
Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) het onlangs die akteurs en kreatiewe span van die Boet & Sus-produksie terug verwelkom nadat die pandemie en inperking die produksie vir maande belemmer het.
Boet & Sus is ’n Afrikaaanse multimedia teaterproduksie wat fokus op die ervaring van “kallids” oftewel kleurlinge in ’n moderne Namibië.
Boet & Sus – deels kletsprogram, deels fopdosser-fiësta – verken die hoogte- en laagtepunte van die “iewers-in-die-middel”-gevoel. Die produksie gaan oor gemeenskap, ontsnapping en selfuitdrukking.
Die bekroonde teaterveteraan Lize Ehlers het die produksie neergepen en sit ook in die regisseurstoel. Sy vertolk ook die hoofrol van Sus.
Die res van die rolverdeling sluit in die plaaslik en internasionaal bekroonde akteur Adriano Visagie, wat die rol van Boet vertolk. Rodelio Lewis en Roberto Menneguzzo vertolk die rolle van die fopdossers Mavis en Gigi.
Die plaaslike kunstenaar Imms Nicolau is verantwoordelik vir die musiek. Die kreatiewe span bestaan verder uit Marchell Linus as choreograaf, Martin Amushendje agter die kamera as videograaf, Miss Jey Arts as grimeerkunstenaar en Ingo Shanyenge verantwoordelik vir die kostuums.
Die produksie hou die belofte in van ’n onvergeetlike ervaring om die teaterseisoen met flair af te sluit.
Oudisies het reeds in Februarie plaasgevind en die premiere van die produksie was veronderstel om in April plaas te vind. Die pandemie het egter dié plan in die wiele gery. Repetisies vind intussen weer deels aanlyn plaas, maar die akteurs en produksiespan se geesdrif is glo glad nie deur die perke gedemp nie.
DIE DRAMATURG EN REGISSEUR
’n Kunstenaar wat haar nie laat beperk tot een genre nie – Lize-Leandra Ann Ehlers is ’n bekroonde sangers, liedjieskrywer, aktrise, dramaturg, regisseur en digter.
Sy is gebore en getoë in Mariental. In 2019 is sy as kunstenaar van die jaar by die NAMA’s aangewys. Sy is ook die stigter en direkteur van die RMB Song Night wat sedert 2011 aangebied word.
As ’n gesoute regisseur in die musikale teater het sy die musiekregie behartig vir produksies soos I am John (2018), Every Woman (2019) en For Colored Girls Who Have Considered Suicide/When The Rainbow is Enuf (2019).
“Ek is opgewonde en angstig vir die land om hierna te kyk. Hierdie was my ‘groot baba’. Die kleurling-taal en woordeskat is baie ‘kleurvol’. Dus sal ’n ouderdomsbeperking van 14 toegepas word,” sê sy.
“Die hele span maak die repetisies en die proses van hierdie produksie ’n baie positiewe ervaring. Ek is geëerd en gelukkig om saam met elkeen te werk.”
DIE CHOREOGRAAF
Linus Marchell So-oabeb is ’n professionele danser, choreograaf en TV-regisseur. Hy het ’n indrukwekkende CV as danser en uitvoerende kunstenaar.
Hy het al saam met die bekende plaaslike rap-kunstenaar Lioness gewerk en dans al die afgelope ses jaar by die NAMA’s. As ’n choreograaf het hy die roetines uitgewerk vir die Afrikaanse musiekblyspel Aspoestertjie (2017), die 2018 Simply You Fashion & Lifestyle Awards en die 2019 NTN Theatre Zone-produksie Battered.
AANLYN
Die premiere van Boet & Sus gaan aanlyn plaasvind – ’n eerste vir ’n NTN-produksie. Die premieredatum is in dié stadium nog onbekend, maar sal binnekort aangekondig word.
Sodra alles gereed is, sal die finale produk opgeneem en aanlyn uitgesaai word. Die opname sal ook Engelse onderskrifte hê om nie-Afrikaanssprekendes te akkommodeer.
“Dit is hartseer dat ons nie voor ’n lewende gehoor kan optree nie. Dié is onsekere tye. Maar die vertoning moet aangaan, of ten minste aanlyn gaan,” sluit Lize af.
Die NTN sal aankondig wanneer kaartjies beskikbaar is. Om op datum te bly, hou die webtuiste dop by www.ntn.org.na of volg die proses op sosiale media op Facebook, Twitter en Instagram (@nationaltheatreofnamibia).
Foto’s Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie