Boetiekbier uit die boonste rakke
Tanja Bause - ’n Nuwe boetiekbier pryk sedert November 2019 op Windhoek se winkelrakke.
Thomas Mechnig en sy twee broers, Oliver en Christopher, het hul eie mikrobrouery in 2017 in Windhoek begin.
Aanvanklik is hul boetiekbier, Tholch, net vir persoonlike gebruik gebrou.
Thomas se belangstelling in boetiekbier is ses jaar gelede geprikkel toe sy vrou, Nadia, vir hom toerusting gegee het om sy eie bier te brou.
“Ek het bier gebrou en gedink dit is nie sleg nie, maar dit kan beslis baie beter proe. Dit is hoe ek in bierbrou en boetiekbier begin belang stel het.”
Thomas het navorsing op die internet begin doen en bierbrouboeke van Amerika en Duitsland bestel.
“Ek het boeke gekoop wat deur die bekendste stokperdjie-boetiekbierbrouers in Duitsland en Amerika geskryf is en van hoek tot kant bestudeer. Ek het die twee bierbroustyle gekombineer en my eie broustyl ontwikkel.”
“Laas jaar het ons die laaste permitte gekry en ons kon begin brou en verkoop.”
Die Mechnig-broers gebruik Thomas se motorhuis om hul boetiekbier te brou.
Daar is tans vyf verskillende boetiekbiere in die Tholch-stal.
Vier van die biere word deur die jaar gebrou en die vyfde een, die Ltd. Edition, word elke paar maande aangepas.
“Die Ltd. Edition wil ek gedurig verander omdat daar nie eintlik beperkings op bierbrou is nie.
Gedurende die wintermaande wil ek ’n sterker en donkerder bier brou soos die bekende Duitse bock-biere. In die somer wil ek ’n ligter bier met ’n vrugtesmaak brou. Die Ltd. Edition-biere sal vir ’n paar maande beskikbaar wees en dan gaan die geur vir die volgende paar maande verander,” sê Thomas.
Die Helles-lager is tans die beste verkoper. “Helles kom oorspronklik van München in Duitsland. Ons het ons eie Helles gebrou en kan met trots ’n boetiekbier met ’n regte Namibiese gees aanbied. Die bier het ’n matige aroma en is sag op die verhemelte. Dit word deur ’n lae tot medium bitterheid gekenmerk.”
Dan is daar Summer Wheat wat die tweede beste verkoper is.
“Die bier is lig en het ’n bietjie van ’n vrugtesmaak.”
Die Mahangu Weiss-bier is sedert Oktober beskikbaar en verkoop goed. “Die bier verkoop so goed dat dit tans om tweede plek met die Summer Wheat meeding, wat al langer op die rakke is.”
“Ek wil graag plaaslike produkte en -geure gebruik om Tholch-bier te brou en het besluit om mahangu eerste op die proef te stel. Ek het die bier gebrou en dit proe regtig baie lekker. Ek kry die mahangu by my huishulp, Sara Augustinus, wat dit saam met ander vroue in die Noorde van die land plant. Sy verskaf die mahangu aan my en verdien sodoende ’n ekstra inkomste. Daar is tans baie min mahangu en ek hoop dit wat ek het, sal genoeg wees,” sê Thomas.
Die laaste produk in die Tholch-stal is die Indian Pale Ale (IPA)-bier. Die bier kom oorspronklik van ’n brouery naby die Oos Indiese-dokke in Engeland. Die bier was baie gewild onder die handelaars.
“Die bier word nou hier in Namibië deur ons gebrou en mens kan daarna verwys as ’n eg Namibiese Pale Ale. Die IPA-bier is goed gedefinieerd en het ’n intense sitrus-, blomme- en vrugtegeur.”
Thomas kry net drie keer ’n week kans om bier te brou.
“Dit is al waarvoor ek op die oomblik tyd het en dit voorsien ook in my huidige aanvraag. So ’n broudag is tussen ses en agt ure lank. Die proses behels dat die mahangu afgeweeg is, dan word die korrels in ’n masjien gepars sodat die suiker kan uitkom. Die mahangu word by die ander bestanddele gevoeg en gekook.
Die vloeistof word in houers gegooi om te gis. Die houers word vir die gisproses in temperatuurbeheerde yskaste gebêre. Die soort bier wat ek brou, bepaal hoe lank dit in die yskaste moet gis. Helles moet twee weke in die yskas staan voordat ek dit in bottels of vate kan gooi. Die bier moet dan nog vir sowat vier weke staan voordat dit verkoop en gedrink kan word. Helles vat die langste. ’n Ale kan ná 10 of 14 dae afgegooi en gedrink word.”
By Tholch word tussen 500 en 600 liter bier per maand gebrou.
Oliver en Christopher behartig die bemarking, sosiale media en die ontwerp van die kleurvolle etikette wat hulle van Duitsland ontvang.
“Ons wil vanjaar uitbrei en ’n groter aanleg aanskaf sodat ons aan die hele land kan voorsien. Daar is navraag oor die bier, maar ons is tans te klein om aan almal te kan verskaf.”
Lesers wat Tholch-bier wil proe, kan elke tweede week by die Windhoek City Market ’n draai gaan maak, of www.tholch-brew.com besoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie