Boggelrugwalvis spoel uit
Boggelrugwalvis spoel uit

Boggelrugwalvis spoel uit

Mnr. James Wilson het 'n boggelrugwalvis wat in die tweede strandmeer van Walvisbaai gestrand is, ontdek en die vonds by die Namibian Dolphin Project (NDP) aangemeld. 'n Span van dié organisasie het ondersoek gaan instel en gevind die walvis is byna 10 m lank. Volwasse boggelrugwalvisse word sowat 16 m lank. Die walvis het op 3 Julie uitgespoel.

“Daar was geen uitwendige beserings of parasiete aan die walvis nie, hoewel hy baie bytmerke van 'n Cookiecutter-haai aan sy lyf het. Ongelukkig kan ons nie sê hoekom die dier dood is nie,” sê dit op die NDP se Facebook-bladsy.

Op 25 Junie is die eerste boggelrugwalvisse vir die seisoen in Shearwaterbaai by Lüderitz gesien.

Mense wat gestrande seediere langs die kus opmerk, kan die NDP by 081 687 6461 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!