Boggelrugwalvis uit toue bevry

Tanja Bause
Tanja Bause - Sondag om 12:28 het me. Linda Jonk van Skeleton Coast Marine Services in Walvisbaai ’n oproep ontvang oor ’n boggelrugwalvis wat in die toue van die oesterplaas vasgevang was.

“Mense vanaf ’n boot het my gebel en om hulp gevra. Hulle het gesê dat hulle die walvis gehoor skree het. Ek het onmiddellik een van ons bote soontoe gestuur en vir Namib Marine gebel,” het sy gesê.

Mnr. Alan Louw, sy seun Steven en Steven se vrou, Toya, van Namib Marine het uitgery na die walvis om te help.

“Ons het met die boot uitgery in die rigting van pelikaan punt na die baai waar die oesterplase is. Steven het op pad soontoe sy duikpak, duikbril en paddavoete aangetrek,” het me. Toya Louw gesê.

“Met die aankoms by die walvis het hy nie gedink nie; hy het net ingespring en begin toue lossny. Die walvis was vasgevang. Sy hele kop en lyf was in die toue verstrengel. Steven het ongeveer twee minute gevat om die sowat vyf toue van die walvis se kop los te sny,” het sy gesê.

“Mense van die seiljag Dream Chaser en me. Vanessa van Rensburg van Skeleton Coast Marine Services met haar twee kinders het probeer om die toue vanaf die boot los te sny, maar omdat die walvis onder die water vasgevang was, was dit nie moontlik nie,” het sy gesê.

Hulle het die walvis met die boot agtervolg en hy het die heeltyd rustig langs die boot geswem.

“Ek dink hy het geweet dat ons hom gehelp het, want hy was rustig. Hy was baie getraumatiseerd en gedisoriënteerd en ons wou net seker maak dat hy nie in die hawe inswem nie.”

Volgens haar was dit ’n uitgegroeide boggelrugwalvis wat sowat ’n uur in die toue verstrengel was.

“Die walvisredding was ’n fantastiese spanpoging. Kort nadat die walvis bevry is, het ’n pelikaan op die boot geland en vir Steven ’n ‘high five’ gegee,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!