'Bohemian Rhapsody' wen groot by Globes
'Bohemian Rhapsody' wen groot by Globes

'Bohemian Rhapsody' wen groot by Globes

Bohemian Rhapsody, die fliek oor die ontslape musikant en Queen-voorsanger, Freddie Mercury, is as die beste fliek tydens die 76ste Golden Globe-toekenningsgeleentheid in die Beverly Hilton-hotel in Los Angeles, Amerika, bekroon.

Rami Malek het ook die prys as beste akteur in ’n fliekdrama opgeraap vir sy rol as Mercury in die fliek Bohemian Rhapsody. Dit is sy eerste Golden Globe-prys en sy derde benoeming.

Hy het die lede van Queen bedank. Brian May en Roger Taylor was in die gehoor. Hy het ook vir Mercury bedank wat in 1991 dood is.

Bryan Singer is die regisseur van die fliek.

Hoewel A Star is Born ’n groot gunsteling was om talle pryse te ontvang, het dit weinig ontvang.

Dit is wel bekroon met beste oorspronklike lied, “Shallow”.

Bradley Cooper is as beste akteur en regisseur vir A Star is Born benoem en Lady Gaga is as beste aktrise benoem, maar die fliek het nie een van hierdie kategorieë gewen nie.

Christian Bale is bekroon as beste akteur in ’n komedie-fliek vir sy rol in Vice.

Dié komedie-drama deur Adam McKay se benoemings sluit in beste akteur vir Christian Bale wat die rol van die voormalige visepresident Dick Cheney vertolk.

Glenn Close is as beste aktrise in ’n fliekdrama aangewys. Sy het dit vir haar rol in The Wife gewen.

Die befaamde skrywer Joe Castleman (Jonathan Pryce) word na Swede genooi om met ’n Nobelprys vir letterkunde vereer te word. Sy vrou, Joan (Close), is op die oog af net so verheug oor haar man se prestasie en besef skynbaar dit sal vir hulle albei die kroon span op ’n leeftyd se harde werk.

Tydens die ontvangs van haar prys het “ ’n bewoë Close na haar ma verwys wat haar lewe lank aan haar pa se sy was en in haar 80’s gevoel het dat sy self niks vermag het nie.

“Ons moet persoonlike vervulling vind, ons mag dit doen.”

Alfonso Cuarón is as beste regisseur vir sy fliek Roma aangewys. Roma het ook die prys vir beste fliek in ’n buitelandse taal opgeraap.

Green Book is as beste komiese fliek aangewys, terwyl The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story die prys as beste beperkte reeks ontvang het.

Die volledige lys wenners is:

Beste fliek – drama

Bohemian Rhapsody

Beste fliek – komedie of musiekspel

Green Book

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n drama

Rami Malek, Bohemian Rhapsody

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n drama

Glenn Close, The Wife

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n musiekspel of komedie

Christian Bale, Vice

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n musiekspel of komedie

Olivia Colman, The Favourite

Beste manlike byspeler in ’n fliek

Mahershala Ali, Green Book

Beste vroulike byspeler in ’n fliek

Regina King, If Beale Street Could Talk

Beste regisseur van ’n drama

Alfonso Cuarón, Roma

Beste fliekdraaiboek

Peter Farrelly, Nick Vallelonga en Brian Currie, Green Book

Beste animasiefliek

Spider-man: Into the Spider-Verse

Beste fliek in ’n uitheemse taal

Roma

Beste oorspronklike klankbaan in fliek

Justin Hurwitz, First Man

Beste oorspronklike lied

“Shallow”, A Star is Born

Televisie

Beste televisiereeks – drama

The Americans

Beste televisiereeks – musiekspel of komedie

The Kominsky Method

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n reeks – drama

Richard Madden, Bodyguard

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n reeks – drama

Sandra Oh, Killing Eve

Beste vertolking deur ’n akteur in ’n reeks – musiekspel of komedie

Michael Douglas, The Kominsky Method

Beste vertolking deur ’n aktrise in ’n reeks – musiekspel of komedie

Rachel Brosnahan, The Marvelous Mrs. Maisel

Beste beperkte televisiereeks of fliek

The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story

Beste akteur in ’n beperkte reeks of televisiereeks

Darren Criss, The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story

Beste aktrise in ’n beperkte reeks of televisiefliek

Patricia Arquette, Escape at Dannemora

Beste manlike byspeler in ’n reeks, beperkte reeks of televisiefliek

Ben Whishaw, A Very English Scandal

Beste vroulike byspeler in ’n reeks, beperkte reeks of televisiefliek

Patricia Clarkson, Sharp Objects

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!