Bokke bly positief, al toets nóg positief
Leeus-toer
Stephen Nell – Ontmoet die nuwe voorsitter van die Springbok-keurkomitee: Covid-19.
Die manne in Groen-en-Goud was Sondag terug op die oefenveld – minus ’n gros wat positief vir die coronavirus getoets is. Siya Kolisi, die kaptein, Dan du Preez, Ox Nché, Bongi Mbonambi, Scarra Ntubeni en Makazole Mapimpi is die nuutstes wat Covid-19 onder lede het.
Of enige van die bogenoemde spelers onder die omstandighede nou vir die eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus op 24 Julie oorweeg sal kan word, is ’n ope vraag.
Fez Mbatha is weens Mbonambi en Ntubeni se lot uit Haaie-geledere ontbied om die rol van ’n derde haker te vervul. Malcolm Marx en Joseph Dweba is die ander hakers in die groep. Die situasie met Nché het die Bulle-stut Lizo Gqoboka ook in die Bok-groep laat beland.
’n Nuwe Bok-kaptein in Lukhanyo Am kan dalk ook nou gesalf word weens Kolisi se positiewe toets.
Met Jacques Nienaber, die hoofafrigter, in afsondering, klap die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, die sweep op die oefenveld.
Baie vrae sal egter nou ontstaan oor die Bokke se gereedheid van Bokke vir ’n toets oor twee weke. Almal was die afgelope week weens die chaos wat Covid-19 saai, in afsondering in hul hotelkamers.
Komende Woensdag se wedstryd tussen die Leeus en ’n Suid-Afrika A-span, wat waarskynlik Springbokke sal insluit, kan belangrik wees in die groter prentjie.
Vir eers kan die terugkeer oefenveld toe darem gevier word.
“Ons is verheug om na die veld te kan terugkeer en ons voorbereiding vir die toetsreeks te kan voortsit,” sê Nienaber in ’n nuusverklaring.
“Dit was ’n uitdagende week met die toets teen Georgië wat afgelas is en die ganse groep wat as voorkomende maatreël in afsondering was.
Die toets teen Georgië sou belangrik wees met die oog op ons voorbereiding vir die reeks teen die Britse en Ierse Leeus, maar hierdie is buitengewone tye en as ’n span moet ons aanpas.
Jacques Nienaber
“Die toets teen Georgië sou belangrik wees met die oog op ons voorbereiding vir die reeks teen die Britse en Ierse Leeus, maar hierdie is buitengewone tye en as ’n span moet ons aanpas.”
Nienaber het ook die punt gemaak dat die groep in Erasmus se goeie hande is.
“Dis baie goed dat Rassie die skip op koers kan hou terwyl ek weg is. Hy is vir etlike jare al deel van die strukture en meeste van hierdie spelers het onder hom 2019 se Wêreldbeker-toernooi gewen,” sê hy.
Nienaber is ook opgewonde oor wat Gqoboka en Mbatha hom bied.
“Lizo het al vir die Springbokke gespeel so ons ken hom goed en Fez het uit sy ervaring by die Junior Springbokke in die o.20-Wêreldtoernooi kennis van wat dit verg om vir sy land te speel. Hy (Mbatha) het ook ons Springbok-belyningskampe vroeër dié jaar bygewoon.
“Fez het ook eerstehandse ervaring gekry van wat die Britse en Ierse Leeus het om te bied nadat hy Woensdag (vir die Haaie) teen hulle gespeel het.”
Selfs al kla niemand in die openbaar nie, sal die jongste positiewe gevalle verder aan die geloofwaardigheid van dié toer wegkalwe. Soos sake staan, is dit ’n ope vraag of Nienaber en Erasmus in ’n posisie gaan wees om die span te kies wat hulle vooraf in gedagte gehad het vir die eerste toets in die Kaapstad-stadion op 24 Julie.
Gareth Davies, voormalige voorsitter van die Walliese Rugbyunie, het voor die Leeus se opwarmwedstryd teen die Haaie op Loftus Versfeld Saterdag so ver gegaan as om die toer as ’n “klug” te beskryf.
“Om weer teen dieselfde span te speel is ’n klug. As dit ’n (gewone) internasionale toer was, sou dit waarskynlik afgelas gewees het,” het hy luidens ’n berig deur Walesonline gesê.
Ongeag daardie siening, is die werklikheid dat Suid-Afrikaanse rugby inkomste uit die toer benodig om finansieel te kan aanhou asemhaal.
– Netwerk24
FOTO’s
Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, het ook positief getoets.
Rassie Erasmus moet met Jacques Nienaber in afsondering tans weer sy lyf Springbok-afrigter hou. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie