Bokke finaal hul aura kwyt
Rugby
Hendrik Cronjé
Graham Henry was toe reg. Ná Saterdagaand se Rugbykampioenskap-nederlaag van 24-26 teen Argentinië in Salta, kan min ondersteuners nou meer met die gewese All Black-afrigter verskil dat die Springbokke hul aura kwyt is.
Suid-Afrika het nou sedert Augustus 2015 twee keer teen Argentinië verloor, ’n skoknederlaag teen Japan gely en teen ’n Ierse span met 14 spelers ná CJ Stander se rooikaart verloor.
Geen teenstander sal die Bokke na dese meer vrees nie.
’n Mens kan nie eens die Fransman Jérôme Garcès vir die Bokke se getjommel blameer nie. Hy was swak, maar albei spanne sal agterna foute aan sy kant kan uitwys.
Allister Coetzee, die Bok-afrigter, sal sy trots moet sluk en ’n aantal moeilike besluite voor die Bokke se volgende kragmeting op 10 September in Brisbane teen die Wallabies moet neem.
Die nederlaag sou vir die Bok-afrigter ’n finale rigtingwyser wees dat hy veels te lank lojaal teenoor verskeie onderpresteerders was. Spelpeil moet eenvoudig al maatstaf wees wanneer hy oor sy 23-tal besluit.
Dit is duidelik dat die veteraan Beast Mtawarira nie meer ’n plek in die beginspan verdien nie. Dit het veel beter gegaan toe Steven Kitshoff hom in die tweede helfte vervang het.
Francois Louw is nie meer Suid-Afrika se voorste sesflank nie. Jaco Kriel is. Laasgenoemde moet begin.
Damian de Allende en Lionel Mapoe het nog nie as ’n senterpaar oortuig nie. De Allende moet dalk kans gegun word om sy spelpeil op Curriebeker-vlak te gaan herwin.
Rohan Janse van Rensburg en Francois Venter verdien ’n kans op toetsvlak.
Elton Jantjies is ook sy selfvertroue kwyt. Hy sukkel teen ’n opskietverdediging-stelsel. Dit lyk ook of hy volgens ’n wedstrydplan speel en ingeperk word. Jantjies in ’n Bok-trui in vergelyking met ’n Leeu-trui, is twee verskillende spelers.
Die Bokke se verdediging was weer, soos in Mbombela, by tye maar wankelrig. Ongelukkig wag nou nog groter druk op die Bokke se verdedigingstelsel teen die Wallabies en All Blacks.
Adriaan Strauss se span het ook nie enige noemenswaardige slaankrag op die aanval gehad nie.
Hy kon selfs nie eens die voordeel benut om teen 14 Argentyne ’n drie te druk nie. Dít nadat Ramiro Herrera in die 20ste minuut ná ’n laat skouerloop op Louw gestraf is.
Daar was darem enkele individuele hoogtepunte vir die Bokke, maar niks om werklik oor opgewonde te raak nie.
Lood de Jager het in die eerste helfte met sy goeie duikwerk uitgetroon. Coetzee moes hom nie vervang het nie, maar eerder vir plek vir Pieter-Steph du Toit in die lostrio gemaak het.
Strauss se lynstaaningooie was weer goed, maar die nederlaag sal druk op hom as kaptein plaas.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie