Bokke pak Britse Leeus twee keer in Goudstad
Rugby
Stephen Nell
Die Hoëveld sal die Springbok-rugbyspan se bondgenoot wees in 2021 se toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus nadat die toerskedule gister bekend gemaak is.
Twee van drie toetse in dié reeks sal in Johannesburg gespeel word en die ander een in die Kaapstad-stadion. Die eerste toets is in die FNB-stadion, die tweede in die Moederstad en derde op Ellispark.
Die grootte van die stadions het straks ’n groot rol in die besluite gespeel, sodat daar soveel as moontlik geld uit kaartjieverkope gemaak kan word. ’n Stampvol FNB-stadion kan byvoorbeeld ’n skare van 88 000 huisves, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in ’n verklaring gesê.
Warren Gatland se span skop sy toer op 3 Julie teen die Stormers in die Kaapstad-stadion af. Die Leeus speel ook teen ’n SA Uitnodigingspan, die Haaie, SA ‘A’ en die Bulle voordat die toetsreeks op 24 Julie begin.
Die Leeus se toerprogram: 3 Julie: Stormers (Kaapstad). 7 Julie: SA Uitnodigingspan (Port Elizabeth). 10 Julie: Haaie (Durban). 14 Julie: Suid-Afrika A (Nelspruit). 17 Julie: Bulle (Pretoria). 24 Julie: Eerste toets (Johannesburg, FNB-stadion). 31 Julie: Tweede toets (Kaapstad). 7 Augustus: Derde toets (Johannesburg, Ellispark). – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie