Bokke skenk WB-aandenkings om hongeres te voed
Rugby
Stephen Nell – Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, het een van sy Wêreldbeker-truie geskenk vir die doel van ’n Suid-Afrikaanse rugby-lotery wat daarop gemik is om honger mae kos te gee.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het in ’n nuusverklaring gister sy R32-12-veldtog bekend gestel. Vir dié lotery, wat in samewerking met Food Forward SA en Gift of the Givers aangebied word, skenk die spelers van hul persoonlike aandenkings uit verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi.
Die R32-12-veldtog is gebou om die telling waarmee die Springbokke in die WB-eindstryd met Engeland afgereken het.
In die veldtog oor 44 dae sal altesame 44 pryse (32 plus 12) beskikbaar wees. Indien 100 kaartjies verkoop word, sal R3,212 miljoen vir kospakkies en ten bate van sopkombuise ingesamel word.
Rassie Erasmus, voormalige Bok-afrigter, sê hy het “binne ure” aandenkings van die spelers ontvang nadat hy ’n beroep op hulle gedoen het. Dit sluit onder meer die stewels van die Bokke se voorkeur-haker, Bongi Mbonambi, in.
“Ons het verlede jaar ’n bietjie gesels oor wat druk behels – om nie werk te hê nie, of ’n familielid wat vermoor is. Hierdie pandemie het miljoene mense hul werk gekos en in ’n posisie geplaas waar hulle sukkel om kos op die tafel te sit,” sê hy.
“Ons veldtog verlede jaar was #StrongerTogether en ons het daaraan geglo. Ons uitgangspunt was dat as ons saamstaan, sal ons ’n sterker nasie wees. Ons gaan nou daad by die woord voeg en die Bokke gaan die ondersteuning doen.”
Omdat hy eerstehands gesien het hoe mense honger ly en dit self aan sy bas gevoel het, het Kolisi nie geaarsel om een van sy WB-truie te skenk nie.
“As kind het ek by tye honger gely, maar dit was nie naastenby hoe mense tans swaarkry nie. Ons gaan dalk nie miljoene insamel nie, maar jy besef nie hoeveel dit vir iemand beteken om een keer per dag ’n ordentlike maaltyd te kry nie. Dit kan lewens red,” sê Kolisi.
Ons gaan dalk nie miljoene insamel nie, maar jy besef nie hoeveel dit vir iemand beteken om een keer per dag ’n ordentlike maaltyd te kry nie.
Siya Kolisi
“Ek hoop regtig mense raak betrokke – nie net vir die hoofrede om honger mense te voed nie maar ook vir die geleentheid om iets spesiaals te wen.”
Saru sal elke dag op sy webtuiste, www.springboks.rugby, ’n nuwe prys bekend stel.
• Diegene wat bloot ’n skenking wil maak, kan geld by die FNB-rekening 62851652638, takkode 210554, inbetaal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie