Bokke verras met Lambie, Willie le Roux
Bokke verras met Lambie, Willie le Roux

Bokke verras met Lambie, Willie le Roux

Rugby
Andrew Poolman
Die afrigter van die beleërde Springbokke, Allister Coetzee, het sy hoop op twee ervare agterspelers gevestig om sy span terug op die wenpad te kry in sy Rugbykampioenskap-tuistoetse teen Australië en Nieu-Seeland.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het gister aangekondig dat Pat Lambie en Willie le Roux by ’n groep van 31 spelers gevoeg is vir die toetse op Loftus Versfeld (op 1 Oktober teen die Wallabies) en Kingspark (8 Oktober teen die All Blacks).
Daarbenewens het Julian Redelinghuys (vaskopstut) en Lood de Jager (slot) ook van hul beserings herstel.
Van die 28 spelers wat saam na Australasië getoer het, is net die stut Lourens Adriaanse sy plek kwyt.
Lambie en Le Roux se insluiting sal veral ’n paar oë laat rek.
Eersgenoemde het op 11 Junie harsingskudding teen Ierland opgedoen en het verlede Saterdag die eerste keer weer teruggekeer na die rugbyveld, toe hy 34 minute as plaasvervanger teen die OP-Kings gespeel het.
Sy insluiting kan daarop dui dat Elton Jantjies se dae in die Bokke se 10-trui straks getel is.
Le Roux is op sy beurt ná etlike wisselvallige vertonings in die reeks teen Ierland weggelaat. Hy het toe aangedui dat hy ’n blaaskans van rugby op die hoogste vlak verwelkom. Hy speel tans in Japan rugby vir die Canon Eagles en sal hom in November by Wasps in die Engelse premierliga aansluit.
Volgens Coetzee is Lambie betrek sodat die Bokke se mediese span eerstehands kan vasstel hoe hy herstel het van sy harsingskudding en of hy gereed is vir toetsrugby, of nie.
Die Bokke kom Sondag in Johannesburg vir die Wallaby-toets byeen.
• Die Springbok-groep is: Willem Alberts, Damian de Allende, Lood de Jager, Juan de Jongh, Faf de Klerk, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Johan Goosen, Bryan Habana, Francois Hougaard, Elton Jantjies, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Jaco Kriel, Jesse Kriel, Patrick Lambie, Willie le Roux, Francois Louw, Lionel Mapoe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Oupa Mohoje, Franco Mostert, Tendai Mtawarira, Lwazi Mvovo, Trevor Nyakane, Rudy Paige, Julian Redelinghuys, Morné Steyn, Adriaan Strauss (kaptein), Warren Whiteley.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!