Bokke waag met onbeproefde kombinasies
Rugby
Allister Coetzee het die dobbelstene gerol en ’n klompie onbeproefde Springbok-kombinasies vir môre se toets teen Engeland op Twickenham gekies.
Die Suid-Afrikaanse beginspan wat gister in Londen aangekondig is, bevat nie minder nie as nege veranderinge – twee daarvan posisioneel – van die een wat ’n maand gelede in die rekordnederlaag teen die All Blacks in Durban uitgedraf het.
Voorlangs is dit die lostrio wat veral die oë sal laat rek. Soos wat bespiegel is, het Coetzee die slot Pieter-Steph du Toit na steelkantflank geskuif en sal nóg ’n kolos, Willem Alberts, oopkantflank speel.
Dié flankpaar en die agtsteman, Warren Whiteley, het nog nooit as ’n kombinasie gespeel nie.
Dieselfde geld vir die senterpaar van Damian de Allende (binnesenter) en Francois Venter (buitesenter). Venter, wat in die Curriebekerreeks vir die Vrystaat uitgeblink en verlede week teen die Barbarians ook belofte getoon het, sal sy toetsdebuut op Twickenham maak.
Die agterlyn wat die Engelse sal pak, is haas onherkenbaar van die een wat in die Durban-debakel gespeel het.
Rudy Paige en Patrick Lambie vervang Faf de Klerk en Morné Steyn onderskeidelik as skakelpaar; Venter speel in die beseerde Juan de Jongh se plek; Pietersen vervang Bryan Habana op linkervleuel en Ruan Combrinck neem nog ’n beseerde speler, Francois Hougaard, se plek op regtervleuel.
Le Roux, Combrinck en Pietersen het nog net een keer as ’n agterste driehoek gespeel (in die derde toets teen Ierland vroeër vanjaar), terwyl Lambie en Paige ook nog net teen die Barbarians saamgespeel het as ’n skakelpaar.
Rohan Janse van Rensburg, wat groot indruk teen die Barbarians gemaak het op senter, asook sy Leeus-spanmaat Elton Jantjies (losskakel) kon glad nie plek kry in die 23-tal nie.
Willie le Roux, Ruan Combrinck, Francois Venter, Damian de Allende, JP Pietersen, Patrick Lambie, Rudy Paige, Warren Whiteley, Pieter-Steph du Toit, Willem Alberts, Lood de Jager, Eben Etzebeth, Vincent Koch, Adriaan Strauss (k), Tendai Mtawarira. Reserwes: Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Lourens Adriaanse, Franco Mostert, Nizaam Carr, Faf de Klerk, Johan Goosen, Lionel Mapoe. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie