Boko Haram laat 82 Chibok-meisies vry
Boko Haram laat 82 Chibok-meisies vry

Boko Haram laat 82 Chibok-meisies vry

Pres. Muhammadu Buhari van Nigerië het verlede maand gesê die regering is besig met samesprekings om al die meisies se vrylating te bewerkstellig.
Boko Haram-militante het 82 skoolmeisies uit die groep van meer as 200 vrygelaat wat hulle drie jaar gelede uit die dorp Chibok in Nigerië ontvoer het, berig Reuters.

Volgens 'n amptenaar wat nie sy naam genoem wou hê nie, is die meisies ná onderhandelinge tussen die militante en die regering vrygelaat.

'n Militêre bron sê die meisies was Saterdag in Banki, naby die Kameroen-­grens waar hulle medies ondersoek is voordat hulle na Maiduguri, hoofstad van die staat Borno, geneem sou word.

Die ontvoering in 2014 het wêreldwyd opslae gemaak te midde van Boko Haram se opstand in Nigerië, wat reeds vir agt jaar lank aan die gang is en geen teken wys dat dit binnekort tot 'n einde gaan kom nie.

Sowat 220 meisies is destyds in die middel van die nag by hul skool ontvoer.

Meer as 20 van die slagoffers is verlede Oktober vrygelaat ingevolge 'n ooreenkoms wat deur die internasionale komitee van die Rooikruis bemiddel is. Van die ander meisies hetdeur die jare ontsnap of is gered, maar sowat 195 was steeds in aanhouding voor die jongste vrylatings.

Pres. Muhammadu Buhari van Nigerië het verlede maand gesê die regering is besig met samesprekings om al die meisies se vrylating te bewerkstellig.

Hoewel die sogenaamde Chibok-meisies die saak is wat die meeste media­blootstelling kry, het Boko Haram ook duisende ander kinders en volwassenes deur die jare ontvoer en daar word min aandag aan van die sake gegee.

Die militante het reeds 20 000 mense doodgemaak en meer as 2 miljoen mense uit hul tuisdorpe laat vlug terwyl die groep probeer om 'n Islamitiese kalifaat in die noordooste van Nigerië tot stand te bring.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!