Boko Haram ontvoer 22 jong vroue
Ondanks uitsprake deur die Nigeriese regering dat die Islamitiese terreurgroep Boko Haram se mag verbreek is, gaan die beweging voort om terreur te saai.
Boko Haram-ekstremiste het 22 meisies en vroue in twee afsonderlike voorvalle in die noordooste van Nigerië ontvoer, het inwoners Vrydag aan die Agence France-Presse (AFP) gesê, berig News24.
In die eerste aanval Donderdag het die ekstremiste die dorp Pulka naby die grens met Kameroen geplunder, waar hulle 18 meisies ontvoer het.
“Boko Haram-vegters van die Mamman Nur-kamp het omstreeks 06:00 in voertuie aangekom en 14 meisies jonger as 17 jaar ontvoer, terwyl inwoners die bos ingevlug het,” het 'n gemeenskapsleier telefonies aan AFP gesê.
Hulle het ook vier meisies aangekeer wat weggehardloop het,” het die leier van die gemeenskap, wat anoniem wou bly uit vrees vir weerwraak,” gesê.
Volgens hom is die aanvallers lojaal aan die faksie onder leiding van Abu Musab al-Barnawi, die seun van Boko Haram se stigter, Mohammed Yusuf.
Al-Barnawi is verlede jaar deur die Islamitiese Staat (IS) aangestel om die leier, Abubakar Shekau, te vervang wat hom in 2015 tot dié Midde-Oosterse ekstremiste-groep verbind het.
Nog 'n inwoner het die aanval bevestig en het gesê die meisies sal die vegters se vroue word.
“Hulle het niemand tydens die plundertog seergemaak nie en hulle het geen poging aangewend om mense te skiet wat weggehardloop het,' het die inwoner gesê.
In die tweede voorval buite die dorp Dumba, naby die Tsjad-meer, het die aanvallers 'n veewagter vermoor wat probeer het om te ontsnap nadat hy geweier het om beskermingsgeld te betaal, het Adamu Ahmed, lid van 'n militêre groep gekant teen Boko Haram, gesê.
“Toe Boko Haram die geld kom haal en hulle besef hy is met alles weg, het hulle besluit om op hul motorfietse na hom te gaan soek.
“Hulle het hom naby Dumba ingehaal waar hulle hom vermoor en 50 van sy beeste doodgeskiet het.
“Hulle het vier vroue van die man se familie en die res van die trop beeste saam met hulle geneem,” het hy gesê.
Die bevordering van Al-Barnawi het verdeeldheid in die groep geopenbaar aangesien Shekau oor massamoorde en selfmoordaanvalle op burgerlikes gekritiseer is. Al-Barnawi en sy regterhand, Mamman Nur, wat as die ware leier beskou word, het inwoners in gebiede onder hul beheer belowe dat hulle nie seergemaak sal word nie, mits hulle nie met die Nigeriese troepe saamwerk wat teen Boko Haram veg nie. Die afgelope weke het die Islamitiese vegters se strooptogte in gebiede naby die Tsjad-meer toegeneem en steel hulle inwoners se kos. Hulle het ook verskeie burgerlikes – wat hulle van samewerking met die weermag beskuldig het – vermoor.- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie