Boko Haram vermoor drie 'samesweerders'
Boko Haram vermoor drie 'samesweerders'

Boko Haram vermoor drie 'samesweerders'

Vermeende Boko Haram-vegters het 'n nedersetting in die noordooste van Nigerië bestorm en mense vermoor wat daarvan verdink is dat hulle met die Nigeriese weermag saamgesweer het.
Estelle de Bruyn
'n Groep djihadiste het die Kalari Abdiye-nedersetting in die Konduga-gebied van die Borno-staat tussen 02:00 en 03:00 Saterdag bestorm.

Drie inwoners van die nedersetting se kele is afgesny en 'n vierde persoon is ernstig beseer, sê 'n lid van die burgerlike milisie wat troepe in die gebied bystaan.

Die gewapende mans het hulself geïdentifiseer as lede van Boko Haram se faksie wat deur Abu Musab Al-Barnawi gelei word. Hulle het ook beloof om die weermag en regeringsteikens aan te val, het 'n lid van die milisie gesê.

“Hulle het vier mans uitgesonder wat hulle van sameswering met die weermag beskuldig het. Hulle het gesê die mans dra inligting oor aan die weermag,” het hy gesê en gevra om nie geïdentifiseer te word nie.

“Die gewapende mans het die mans buite die nedersetting geneem en drie vermoor.”

Die langdienende Boko Haram-leier, Abubakar Shekau, het in Maart 2015 trou aan die Islamitiese Staat-groep (IS) in Sirië en Irak gesweer, op 'n tydstip toe Boko Haram besig was om besette grondgebied aan regeringsmagte af te staan.

Verlede jaar het IS egter aangekondig dat hy Barnawi, die seun van Boko Haram se stigter, Mohammed Yusuf, as die man in beheer van sy “Wes-Afrika-provinsie” erken.

Barnawi het Shekau se blindelingse aanvalle op burgerlikes gekritiseer.

Veiligheidsbronne sê die gewapende mans het ook lewende hawe gesteel uit die nabygeleë nedersetting, Dekete, maar “inwoners meegedeel dat hulle nie paniekerig moes raak nie omdat hulle niemand leed sou aandoen nie”.

Vegters van die Barnawi-kamp het verlede week 'n soortgelyke taktiek gebruik toe hulle 'n nedersetting vir kos en mediese voorrade in die suidweste van die Borno-staat se hoofstad, Maiduguri, geplunder het.

Ontleders wys daarop dat hy probeer om openbare steun vir die groep te kry wat die werk vir die regering en die weermag in die gebied sal bemoeilik, indien dit slaag. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!