Bokomo eerste met GMO-aansoek
Bokomo Namibia is waarskynlik die eerste van verskeie plaaslike maatskappye wat voorts aansoek om ‘n permit sal doen om GMO-produkte in te voer.
Elvira Hattingh - Bokomo Namibia het op 17 Desember een van die eerste maatskappye geword om onder die Bioveligheidswet van 2006 se nuwe regulasies aansoek om ‘n permit te doen om geneties gemodifiseerde mieliemeel en veevoer die land in te bring.
Dié regulasies tree van 6 Februarie volgende jaar af in werking, en die doel daarvan is om die gebruik van produkte wat geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s) bevat voorts binne Namibië se grense te reguleer.
Dienooreenkomstig moet daar nou ingevolge dié regulasies ‘n permit vir die invoer van GMO-produkte verkry word, het Bokomo se hoofbedryfsbeampte, mnr. Gabriel Badenhorst, gesê.
As deel van die proses het Bokomo ‘n advertensie in plaaslike koerante laat publiseer waarin hulle kennis van hul aansoek gee en die publiek tot 17 Januarie die geleentheid bied om beswaar aan te teken.
NUWE VEREISTES
“Produkte wat GMO’s bevat, is jare reeds wettig op die Namibiese mark, maar die doel van die nuwe regulasies is om dit te reguleer en nie bloot net te verbied nie,” het Badenhorst gesê.
Die wet bepaal verder ook hoe produkte wat GMO’s bevat voorts geëtiketteer moet word.
Alle produkte wat uit Suid-Afrika of van elders ingevoer word en GMO’s bevat, is reeds dienooreenkomstig gemerk.
Die doel is dat verbruikers daarvan bewus moet wees as produkte GMO’s bevat. Die proses word in die bioveiligheidswet van 2006 vervat, asook in die regulasies wat op 6 Februarie 2019 van krag sal raak.
Badenhorst het gesê ander vereistes vir die invoer van die produkte sluit in dat Bokomo ‘n aansoek by die Nasionale Kommissie vir Navorsingswetenskap en Tegnologie (NCRST) moet indien, tesame met ‘n noodreaksieplan indien GMO-mielies per ongeluk tydens vervoer gestort word.
EERSTE VAN VELE AANSOEKE
Badenhorst het verduidelik Bokomo Namibia sal die eerste van verskeie plaaslike maatskappye wees om aansoek om ‘n permit te doen om produkte in te voer wat GMO’s bevat.
“Dié aansoek moet per kommoditeit gedoen word – soos byvoorbeeld vir witmielies,” het hy verduidelik.
Badenhorst sê hulle verwag die permit sal wel toegeken word.
“Dit sal ‘n eerste vir Namibië wees as dit kom by permitte wat onder die nuwe regulasies uitgereik word, maar tog is GMO’s in die land nie iets nuuts nie omdat produkte wat dit bevat, reeds jare lank in Namibië verkoop word.”
Badenhorst sê daar is ‘n kans dat individue of organisasies wat die verbruik, prosessering en plant van GMO’s teenstaan, beswaar teen Bokomo se aansoek sal indien.
“Ons vertrou egter die bioveiligheidsraad sal hul goedkeuring vir produkte en ru-produkte gee wat in elk geval vir baie jare in Namibië verbruik word, en ook dat die basiese beginsels van die Cartagena-protokol gevolg sal word.”
Die Cartagena-protokol vir bioveiligheid by die Konvensie oor Biologiese Diversiteit is 'n internasionale ooreenkoms vir die veilige hantering, vervoer en gebruik van GMO’s.
GMO LANKAL HIER
Badenhorst sê daar bestaan ‘n behoefte aan die produkte omdat nie-GMO-produkte nie geredelik beskikbaar is nie, en ook nie in groot genoeg hoeveelhede om in die vraag te voldoen nie.
“GMO-produkte word jare lank al in Namibië en Suider-Afrika geproduseer, verkoop en verbruik. Die meeste mielies wat ons van Suid-Afrika af invoer, is GMO-produkte – ons kry die meeste van ons witmielies van dié buurland. Dieselfde geld vir produkte wat soja en geelmielies bevat.
“As dit by witmielies kom, lewer Namibië net genoeg om in sowat 50% van sy eie behoefte te voorsien. Dienooreenkomstig word die res van Suid-Afrika af ingevoer. Indien ons dus die grense vir witmielies sou sluit – wat ‘n stapelvoedsel in Namibië is, sal dit op ‘n voedseltekort neerkom,” het hy verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie