Bokser in koma ná titelgeveg
Boks
Michael Green
Die Kanadese bokser Adonis Stevenson, wat homself graag Superman noem, is steeds in 'n koma ná sy geveg Saterdag in Quebec teen Oleksandr Gvozdyk van die Oekraïne.
Stevenson het sy ligswaargewigtitel van die Wêreldboksraad (WBR) teen Gvozdyk verdedig. Gvozdyk het die 41-jarige Stevenson, wat vir vyf en 'n half jaar die kampioen was, in die 11de ronde uitgeslaan. Stevenson het in die kleedkamer gekla dat hy duiselig voel en hy is met 'n ambulans na die Enfant Jesus-hospitaal geneem.
By die hospitaal is hy volgens ESPN in 'n beheerde koma geplaas en sy toestand is tans stabiel. Die naweek se geveg tussen Deontay Wilder en Tyson Fury is nie die enigste een wat omstrede geëindig het nie. Wilder het Fury twee keer platgeslaan om 'n gelykop-uitslag af te dwing. Baie kenners meen Fury was voor met punte en dat Wilder gelukkig is om sy Wêreldboksraad-swaargewigtitel te behou.
In 'n geveg Sondag in die Orient-arena in Oos-Londen was Simphiwe Khonco ook dalk gelukkig om sy strooigewigtitel van die Internasionale boksorganisasie te behou. Joey Canoy van die Filippyne het hom taamlik oorskadu voordat die boksers per ongeluk in die vierde ronde koppe gestamp het. Khonco het 'n groot sny opgedoen en die geveg is nietig verklaar.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie