Bomaanvalle dood talle in Nigeriu00eb
Bomaanvalle dood talle in Nigeriu00eb

Bomaanvalle dood talle in Nigerië

Die noordooste van Nigerië bly 'n gevaarlike gebied waar die terreurgroep Boko Haram veg om 'n Islamitiese staat te vestig.
NAMPA
Selfmoordbomaanvallers in Nigerië het die lewe van nege burgerlikes geëis en 13 beseer.

Die veelvuldige aanvalle het Maandag in die noordoostelike stad Maiduguri plaasgevind, het die polisie gesê. Dit is die jongste in 'n reeks aanvalle deur die Islamitiese Boko Haram-insurgensie.

'n Aantal selfmoordbomaanvalle deur vermeende lede van die djihadistiese groep het die afgelope weke in die hoofstad van die Borno-staat en nabygeleë gebiede plaasgevind.

In een van die voorvalle op 19 Junie is 12 mense dood en op 7 Junie het 14 in 'n aanval omgekom.

Borno-polisie sê 'n manlike selfmoordbomaanvaller het 'n veiligheidswag doodgemaak nadat hy die Universiteit van Maiduguri, na aan die middestad, omstreeks 22:20 Sondag binnegegaan het.

Vier vroulike selfmoordbomaanvallers het agt mense ongeveer 'n uur later aan die buitewyke van die stad in die Zannari-gemeenskap in die Gwange-distrik van die Jere plaaslike owerheid opgeblaas toe hulle hul bomgordels in 'n woonbuurt laat ontplof het.

Twee vroulike selfmoordbomaanvallers by die Universiteit van Maiduguri was die enigste mense wat op die kampus dood is. Hulle het hulself omstreeks 04:20 opgeblaas.

“In totaal is 16 mense, insluitende die selfmoordbomaanvallers, in die veelvuldige ontploffings dood en 13 is beseer,” het die Borno-polisiekommissaris, Damian Chukwu, gesê.

Nigerië se staatsveiligheidsagentskap het Vrydag gesê dit het planne gefnuik om ploftoestelle in vier noordelike stede, Maiduguri, Kano, Sokoto en Kaduna, tydens vieringe wat saamval met die einde van Ramadaan, te laat ontplof.

Geen groep het verantwoordelikheid vir die jongste aanvalle aanvaar nie, maar die gebruik van selfmoordbomaanvallers, veral vrouens, in die streek is die kenmerk van Boko Haram-aanvallers.

Die militante groep het reeds die lewe van meer as 20 000 mense in Nigerië geëis en meer as 2 miljoen genoodsaak om sedert 2009 uit hul huise te vlug terwyl Boko Haram probeer om 'n Islamitiese staat in die noordooste van Nigerië te vestig. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!