Bome in hoofstad nog nie vervang
Tanja Bause – Die sewe bome wat in Maart verlede jaar in die hoofstad se sentrale sakegebied afgekap is, sou verlede jaar tydens Nasionale Boomplantdag in Oktober met nuwe bome vervang word. Dit het egter nie gebeur nie.
Die bome was volgens mnr. Harold Akwenye, die woordvoerder van die Windhoek-munisipaliteit, te oud en moes vervang word.
Akwenye het die week op navraag gesê die munisipaliteit se parke-afdeling werk nou saam met die argitekte Rynard Mudge om inheemse bome te plant.
“Die bome sal geplant word sodra die kontrakteur die nodige sementwerk voltooi het. Aangesien dié deel van die projek moontlike wateronderbrekings na sommige dele van die sentrale sakegebied kan veroorsaak, word dit gedoen met die nodige sorg en in konsultasie met die relevante belanghebbers om die potensiële impak daarvan te bestuur. Ongelukkig het die feesseisoen en sakeonderneming wat gesluit was die proses onderbreek,” het hy gesê.
Hy het verlede jaar in Mei gesê die boomstompe sal in dieselfde maand verwyder word en nuwe bome sal in Oktober geplant word, aangesien die bome op daardie tydstip nog in die stad se kwekery was en die munisipaliteit vir lente gewag het.
“Verskeie oorwegings rondom die opknapping van Zoo Park word nog bespreek. Ongelukkig vertraag ’n tekort aan finansiering tans dié vordering.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie