Bommuil eis lewe van 57 by stemlokaal in Kaboel
Bommuil eis lewe van 57 by stemlokaal in Kaboel

Bommuil eis lewe van 57 by stemlokaal in Kaboel

Voornemende Afgaanse kiesers was die teiken van 'n terreuraanval in Afganistan.
Altesaam 57 mense is tot nou toe in Kaboel, Afganistan, dood ná ’n selfmoordbomaanval Sondagoggend laat by ’n verkiesingslokaal in die weste van die stad.

BBC berig die dodetal sluit 21 vroue en vyf kinders in. Sowat 119 mense is beseer.

Die Islamitiese Staat-groep (IS) sê hy het die aanval uitgevoer.

Kiesers het vandeesmaand begin registreer vir die verkiesing wat in Oktober vanjaar plaasvind.

IS sê ’n selfmoordbomaanvaller het ’n gordel met plofstof na die Dasht-i-Barchi-gebied van Kaboel gedra.

Die aanval het vrae laat ontstaan of die regering die kiesersregistrasieproses kan beveilig. Die slagoffers het in ’n ry gewag om hul identifikasiekaarte te bekom.

Die Dasht-i-Barchi-buurt is die tuise van ’n Sjiïtiese minderheid van die Hazara- etniese groep.

Isis het voorheen moskees, skole en ander plekke in dieselfde gebied geteiken. Inwoners in die gebied sê hulle is vasberade om aan die verkiesing deel te neem. Verkiesings is die afgelope drie jaar weens politieke onmin, vrese oor onveiligheid en tegniese haakplekke vertraag. Die registrasieproses het op 14 April begin. Die identiteitskaarte wat benodig word, is ’n poging om bedrog te voorkom, wat vorige verkiesings in die wiele gery het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!