Bomontploffing in Russiese supermark
Bomontploffing in Russiese supermark

Bomontploffing in Russiese supermark

Minstens tien mense is Woensdagaand beseer toe ’n tuisgemaakte bom in ’n supermark in St. Petersburg, Rusland, ontplof het.

Ondersoekers sê die bom was gepak met metaalstukke.

Die Russiese media berig dat die bom versteek was in ’n sluitkas in ’n tak van die Perekrestok-supermarkgroep. Mense sluit hul inkopies in die sluitkas toe.

“Alle moontlike weergawes van wat gebeur het, word ondersoek,” sê Alexander Klaus, hoof van St. Petersburg se ondersoekkomitee.

“Voorlopig is vasgestel dat 10 mense met beserings na hospitale in die stad geneem is.”

Niemand is dood nie en in dié stadium is nie een van die beseerdes in lewensgevaar nie.

Dit is nog nie duidelik wat die motief was nie. – Netwerk24/Nampa/ Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!