Bomontploffing ruk hospitaal
Bomontploffing ruk hospitaal

Bomontploffing ruk hospitaal

Estelle de Bruyn
Minstens 45 mense is gisteroggend dood en talle beseer toe ’n selfmoordaanvaller ’n bom by die ongevalle-afdeling van ’n hospitaal in Quetta, Pakistan, laat ontplof het.
Die ontploffing het plaasgevind toe sowat 50 roubeklaers in die ongevalle-afdeling van die hospitaal ingegaan het om die lyk van die bekende prokureur, Bilal Anwar Kasi, te vergesel nadat hy gisteroggend doodgeskiet is, het ’n joernalis aan Reuters gesê.
Die motief vir die aanval is nog onduidelik en geen groep het tot dusver verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.
Beeldmateriaal wys hoe chaoties die toneel was met roubeklaers wat uit die puin probeer vlug.
Kasi was die voormalige president van die Baloetsjistanse prokureursorde.
Meer as 50 mense is in die voorval gewond.
Verskeie regslui is die afgelope tyd in ’n reeks moorde in Quetta doodgemaak.
Kasi is doodgeskiet toe hy onderweg na die stad by die hoofhofkompleks was, het ’n senior polisiewoordvoerder gesê.
Die daaropvolgende selfmoordaanval het oënskynlik sy rou­beklaers geteiken en volgens die polisie was dit ’n voorafbeplande aanval.
Benewens ’n langdurige afstigtingsinsurgensie ly Baloetsjistan onder toenemende misdadigheid. Quetta word vir ’n geruime tyd as die basis van die Afgaanse Taliban beskou. Die Taliban-leierskap het in die verlede gereeld daar vergader.
Die Taliban-leier, Moella Akhtar Mansoer, is in Mei in ’n Amerikaanse hommeltuig-aanval dood toe hy onderweg na Quetta was.
- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!