Bomontploffing tref militu00eare voertuig, 17 beseer
Bomontploffing tref militu00eare voertuig, 17 beseer

Bomontploffing tref militêre voertuig, 17 beseer

Turkye
NAMPA
Plofstof wat deur militante van die Koerdiese Werkersparty (PKK) geplant is, het gister ‘n militêre voertuig in die suidooste van Turkye getref. Altesaam 17 soldate is beseer.

Die weermag het gesê die voertuig het gery deur die Yuksekova-distrik in die Hakkari-provinsie, wat aan Irak en Iran grens.

Die beseerdes is na ‘n hospitaal geneem.

Volgens die weermag is hul beserings nie ernstig nie.

Die voorval kom nadat Turkye die afgelope naweek een jaar sedert die mislukte staatsgreep gevier het.

Die PKK het in 1984 die wapen teen die Turkse staat opgeneem en meer as 40 000 mense, meestal Koerde, is in die konflik dood. Die PKK word deur Turkye, Amerika en die Europese Unie as ‘n terroriste-organisasie geklassifiseer. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!